Kyalami-9-uur-uithouren bekoor

Die renjaers wat aan die naweek se Kyalami-9-uur-uithouren deelgeneem het, is darem die groot reën gespaar.

Die laaste ronde van die 2021-seisoen het begin met drie spanne wat almal nog om die titel geveg het.

Terwyl AKKA ASP en hul Mercedes-AMG dié ren gewen het, is Ferrari se Come Ledogar en Allesandro Pier Guidi as vanjaar se kampioene gekroon. Audi Sport is as die vervaardigerkampioen van die jaar gekroon.

Mercedes-AMG het die vinnigste rondte van die dag aangeteken met ʼn tyd van 1:42.285 óm Kyalami.

Die Kyalami-9-uur-uithouren sal weer die 2022-seisoen in Desember vanjaar afsluit. Dit sal die tweede ronde van die 2023-seisoen wees om te verseker dat al die vervaardigers en renjaers Suid-Afrika toe kom. Dus sal daar in 14 maande drie Kyalami-9-uur-uithourenne plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.