Kyalami se 9-uur-uithouren gaan voort

Die Kyalami‑9-uur-uithouren wat wêreldwyd bekend is, is einde verlede jaar weens die Covid-19-pandemie en gevolglike reisverbod op Suid-Afrika uitgestel.

Dié uithouren gaan egter vanjaar voort en vind die naweek van 3 tot 5 Februarie plaas.

Die eerste Kyalami‑9-uur-uithouren het in 1958 plaasgevind. Die jongste weergawe van die uithouren vorm deel van die Intercontinental GT Challenge. Vanjaar sal dit weereens die laaste ronde van die 2021-kampioenskap wees.

In 2019 het Frikadelli Racing koning gekraai in hul Porsche 911 GT3 R met Nick Tandy agter die stuur. In 2020 het Walkenhorst Motorsport in hul BMW M6 GT3 die meeste rondes aangeteken. Een van die renjaers in daardie span is ons eie Sheldon van der Linde.

Ons sal eersdaags meer bekendmaak oor die inskrywingslys, spanne en renjaers vir vanjaar se resies.

Kaartjies wat reeds vir die geleentheid se oorspronklike datum (3-4 Desember) gekoop is, is steeds geldig vir die eerste naweek in Februarie.

Koop jou kaartjies hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.