kykNET Buite Ekspo beloof weer hope pret vir hele gesin

Van 4×4-ritte en braaikompetisies tot pretparke en wynproe, die kykNET Buite Ekspo bied iets vir almal. (Foto: Verskaf)

Die kykNET Buite Ekspo is terug en is die perfekte geleentheid om op hoogte van die jongste neigings in die kampeermark te bly. Dit beloof ook om ʼn lekker uitstappie vir die hele gesin te wees.

Die ekspo word vanjaar van 25 tot 27 Maart by Môreson Plaas net buite Malmesbury in die Wes-Kaap aangebied en soos altyd kan kamp- en natuurliefhebbers uitsien na talle buitelewe- uitstallers wat van die nuutste kampeertoerusting, woonwaens én 4×4-produkte op die mark beskikbaar het.

Die geleentheid vind plaas in ʼn veilige plaasatmosfeer en alle uitstallings word aangebied soos wat dit werklik deur die koper gebruik sal word. Dagbesoekers is welkom, maar diegene wat die hele naweek op die terrein wil uitspan, kan kamp of selfs ʼn “glamping”-ervaring daarvan maak.

Avontuurlustiges sal danksy Action Ford Malmesbury die Ford Raptor-ervaring kan geniet en gratis saam met ervare bestuurders dié ryding eerstehands ervaar. Ekspo-besoekers sal ook gratis saam met die immergewilde André de Villiers (Mnr. 4×4), aanbieder van Safari 4×4 Roetes op kykNET, in sy Volkswagen Amarok kan ry.

Nóg ʼn ervaring wat adrenalienverslaafdes nie moet misloop nie, is die gewilde helikopterritte waar passasiers die Swartland vanuit die lug kan bekyk.

Vir die meer kunssinniges sal daar ʼn kuns- en snuffelmark wees en die kleingoed kan van hul energie ontslae raak by die pretpark. Sondag is daar ook ʼn vertoning van Lollos en Lettie.

Jimmy’s Sauces sorg oudergewoonte vir ʼn smullekker braaikompetisie saam met gewilde kykNET‑akteurs. Danksy Hanook Tyres sal verskeie kunstenaars, onder wie Rooies en sy orkes, Desmond Wells, Johan Liebenberg, Wynand Windpomp, Dewald Dippenaar, Chereé, Amoré en Early B, vir ure se vermaak sorg.

Alle Covid-19-protokolle sal streng nagekom word.

Om teleurstelling te voorkom, bespreek nou jou kampeerplek deur ʼn e-pos aan [email protected] te stuur. Glamping-besprekings kan aan [email protected] gestuur word.

Dagbesoekers word aangemoedig om kaartjies aanlyn te bespreek, maar daar sal ook ʼn bepaalde aantal kaartjies by die hekke beskikbaar wees. Kaartjies sal binnekort by ticketmaster.co.za beskikbaar wees.

Besoek www.ekspo.co.za vir meer inligting. Enige navrae kan aan Tersia by [email protected] gerig word.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Doen-dinge, Motors, Reis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.