Lexus die markleier in hibridiese voertuie

Die Lexus UX 250h EX. Foto: Verskaf

Lexus het in 2019 ʼn hap van 37% uit die hibridiese voertuigmark gevat. Wat my betref, het Lexus ʼn slim strategiese besluit geneem om vir homself ʼn nis te skep in die luukse voertuigmark … en dis om die eerste keuse te wees as dit kom by hibriede.

Ek het al heelwat tyd met verskeie van Lexus se hibriede deurgebring. Een wat kop en skouers bó die ander uitstaan, is die Lexus ES 300h. Dit is ʼn groot luukse sedanmotor met ʼn 2.5-viersilinderpetrolenjin wat vir my oor 800 km 5.7 ℓ/100 km gehandhaaf het. Dit is eenvoudig bewys dat hibriede voertuie ʼn baie sterk opsie is vir die pad vorentoe.

Die Lexus UX 250h EX. Foto: Verskaf

Hier in Suid-Afrika, waar reikafstande wyd kan wees, het ʼn hibried geen van die tekortkominge van ʼn elektriese voertuig nie, maar geniet dit wel van sy voordele. ʼn Mens kán ʼn Lexus slegs op batterye ry vir ʼn kort afstand, soos in die stad. Die remme herwin krag ook, so al die energie wat gewoonlik deur jou remskywe verlore gaan, is “brandstof” vir die volgende bult. Dis fantasties.

Ongelukkig is elektries en hibridiese tegnologie ingewikkeld en duur. Ons regering belas dié soort voertuie meer as enige ander. Dis eintlik ʼn skande. Lexus, Naamsa en die departement van handel, nywerheid en mededinging werk hard aan die regering en hoop om binne die volgende 18 maande resultate te sien.

Die Lexus UX 250h EX. Foto: Verskaf

Dit sluit kortings in op die belasting op dié soort voertuie – wat hul pryse mededingend sal maak met gewone diesel- en petrolvoertuie.

Lexus beoog om in die toekoms ʼn hibridiese model in elkeen van sy reekse aan te bied. Die reeks wat nou twee hibridiese modelle bied, is die Lexus UX. Daar is ʼn EX- en ʼn SE-spesifikasie beskikbaar in die UX. Die toevoeging van die intree- hibridiese model is om toegang tot alternatiewebrandstof-voertuie teen ʼn beter prys beskikbaar te stel.

Die Lexus UX 250h EX. Foto: Verskaf

Die nuwe EX-spesifikasievlak is nie ver van sy luukser SE-boetie af nie. Daar is steeds vyf kleuropsies beskikbaar, ʼn agtluidsprekerklankstelsel, 18”-sierwiele, dagligte en dan die gewone magdom Lexus-veiligheidstelsels, hibridiese dryfstelsel en die toevoeging van Apple CarPlay en Android Auto asook Lexus Connect en sy gratis WiFi.

Indien jy in die mark is vir ʼn klein sportnutsvoertuig – gaan toetsbestuur beslis ʼn Lexus UX.

Die reeks lyk nou só:

 Lexus UX 200 EXLexus UX 250h EXLexus UX 250h SELexus UX 200 F-Sport
Krag126 kW/205 Nm135 kW/180 + e Nm135 kW/180 + e Nm126 kW/205 Nm
0–100 km/h9.2 sek8.5 sek8.5 sek9.2 sek
Topspoed190 km/h177 km/h177 km/h190 km/h
Brandstofverbruik6.2 ℓ/100 km4.5 ℓ/100 km4.5 ℓ/100 km6.2 ℓ/100 km
PrysR654 700R690 300R756 200R785 400

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.