Luister: Al-Attiyah wen 1ste sneltrajek van Dakar-veldren

Die Suid-Afrikaners Giniel de Villiers en Dennis Murphy in aksie (Foto: FRANCK FIFE/AFP)

Die 44ste Dakar-veldtydren het Saterdag afgeskop en daar is vanjaar 30 Suider-Afrika deelnemers.

Sneldeel 1b – ʼn totaal van 514 km lank, met ʼn sneltrajek van 333 km – het Sondag plaasgevind. Dit was beslis nie maklik nie en navigasie was ‘n geweldige uitdaging.

Toyota Gazoo Racing se Nasser Al-Attiyah en Matthieu Baumel, met hulle nuwe Suid-Afrikaanse geboude GR DKR Hilux T1+ bakkie, het die sneltrajek gewen.

  • Jeanette Kok-Kritzinger van Wiele2Wiele en Stephie Vetter van die Southern Africa Dakar Group hou ons op hoogte van wat in die Dakar-tydren gebeur en hoe dit met ons Suider-Afrikaanse deelnemers gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Theunis ·

Baie dankie vir die kommentaar en inligting oor die stand van sake. Sterkte vir die manne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.