Luister: Groot opwinding tydens Dakar se langste skof

(Foto: MCH Photo/TOYOTA GAZOO Racing)

Die vierde skof, met die langste sneltrajek van die 2022 Dakar-ren, het gister vir groot opwinding gesorg.

Die skof van 707 km lank het ‘n sneltrajek van 465 km.

In ‘n stadium het dit gelyk of Toyota Gazoo Racing se Henk Lategan en Brett Cummings hul eerste Dakar-sneltrajek gaan wen maar toe breek hulle agterste wielnaaf en hulle verloor vyf en ‘n half uur.

Yazeed Al Rajhi in sy Overdrive Toyota Hilux-bakkie het begin feesvier, net om daarna te hoor dat hy beboet word met twee minute. Dit het beteken dat Toyota Gazoo Racing se Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel die sneltrajek gewen het. Al-Attiyah is nog steeds die algehele voorloper met 38 minute oor Sebastian Loeb, in sy BRX Prodrive Hunter.

  • Jeanette Kok-Kritzinger van Wiele2Wiele en Stephie Vetter van die Southern Africa Dakar Group hou ons op hoogte van wat in die Dakar-tydren gebeur en hoe dit met ons Suider-Afrikaanse deelnemers gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.