Luister: Jaers verdwaal erg by Dakar  

(Foto: MCH Photo/TOYOTA GAZOO Racing)

Die sesde trajek van die 2022 Dakar-ren is gekenmerk deur deelnemers wat erg verdwaal het.

Rakende deelnemers wat met Suid-Afrikaans geboude Toyota Hilux-Dakar-motors ry, was Shameer Variawa en Danie Stassen die vinnigste in hul Toyota Gazoo Racing Hilux T1+-bakkie. Spanmaats Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel loop nou voor op die algehele telbord met meer as 48 minute.

  • Jeanette Kok-Kritzinger van Wiele2Wiele en Stephie Vetter van die Southern Africa Dakar Group hou ons op hoogte van wat in die Dakar-tydren gebeur en hoe dit met ons Suider-Afrikaanse deelnemers gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.