
Foto: AdinaVoicu/Pixabay.com
Met die padsterftesyfer wat in 2015 gedurende die Desembervakansie weer nuwe rekordhoogtes behaal het, het Esté Meyer Jansen met ʼn motorfietskenner wat passievol is oor padveiligheid gaan gesels om vas te stel hoe Suid-Afrika se paaie veiliger vir almal gemaak kan word.
Réhann Coetzee is die redakteur van MyFiets.co.za en betrokke by die Think Bike-veldtog. Hy het onder meer verduidelik wat motorfietsryers kan doen om hulle te beveilig op die land se paaie. Verder het hy ook raad vir ouers wat dit oorweeg om moontlik vir hulle kinders ʼn motorfiets of bromponie aan te skaf.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Réhann Coetzee se (motorfiets) padveiligheidspraaitjie met Esté Meyer Jansen is uitstekend en baie leersaam, soos die engelse sê; ‘A lot of food for thought!!!’
Reel 1
Jy moet ten alle tye met jou voorwiel op die grond ry.
Reel 2
Jy mag nie tussen ander voertuie op die streep verby steek.
Ry daarby en jy maak jou eie lewe maklik
Lees die boek wat deur Britse polisie uitgegee word oor motorfietsry tegnieke. Dit behoort in SA verpligtend te wees om ‘n motorfiets rybewys te kry.
Geduld is nr.1
Nr.2 is goeie oordeel.
Grys hare is ook handig.
Mooi poppie…