Luister: Wiele2Wiele gesels oor Jaguar Land Rover wat help met Covid-19

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Jaguar Land Rover SA wat aktief besig is saam met die Suid-Afrikaanse Rooikruisvereniging te midde van die Covid-19-pandemie en hoe hulle tot Jesse Kriel se redding gekom het voor die afsonderingstydperk begin het.

Intussen sê Volvo Suid-Afrika daar is lig aan die einde van die donker tonnel nadat die Volvo-fabriek in China weer oopgemaak het.

Nicol Louw gesels oor enjins wat van direkte petrolinspuiting gebruik maak en in Wiele2Wiele word daar meer uitgevind oor die man met die ZA Bikers-valhelm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.