Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.
Tydens die nasionale tydperk van afsondering bly Wiele2Wiele se wiele spreekwoordelik nog aan die rol. Hulle gesels oor die nuwe 12de generasie Toyota Corolla en oor sagteware wat al jou geheime verklap. Braam Smit van ZA Bikers inspireer met ‘n 2Wiele-storie en dan gaan Ironman 4×4 jou help om jou kroos besig te hou in hierdie tyd.