Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke.
Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Hierdie week gesels die Wiele2Wiele-span oor Volvo se luukse XC90 sportnutsvoertuig, spaar brandstof met die Suzuki Ciaz en gee hulle ouderdom weg met Opel se Corsa GSI. Ironman 4×4 SA gee ook raad oor hoe om die boendoes aan te pak.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Hoe kan Volvo nog bestaan as die maandelikse verkope so sleg is?
Die klank in daardie Volvo is fantasties!