Luister: Wiele2Wiele ry met Audi se ‘luislang geel’ A1

Die Audi A1 in ‘luislang geel’

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.

Hierdie week gaan rits Wiele2Wiele rond met Audi se ‘luislang geel’ A1 Sportback, raak bekommerd oor die SOMI-konferensiesyfers maar skep dan weer moed met die bekendstelling van Toyota se nuwe Corolla Quest. Hulle vertel jou van ʼn elektriese Mustang, die Mach-E, en dan is ons Suid-Afrikaanse span op pad om die kroon te gaan verdedig by die internasionale BMW GS Trophy in Nieu-Seeland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.