Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Suzuki se groot ‘renstel’, die Suzuki Swift Sport. Hulle ry ook in styl rond met Audi se Q3, staan verbaas oor die Haval H2, wonder of jy hibriede-motors se brandstofsyfers kan vertrou en ‘Trompie’ kom kuier vir 2-wiele.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Ek het self na die H2 gaan kyk, en kan nie meer verskil van die paneel se bevindings nie: Binneafwerking? Goedkoop en goedkoop materiale. Bougehalte? Treurig, panele se afwerking is substandaard en skakelaars voel of dit van kaas gemaak is. Gemaklike sitplekke? Nope. 1970’s Datsuns was geriefliker en van veel beter materiale gebou. Onthou dat toe die Japanese en Koreane die wêreld se motor markte betree het, het hulle baie vinnig bygekom om duursame goeie gehalte motors te bou. Die Sjinese handelsmerke is nou al 15 jaar in SA, en al wat hulle werklik aan ons bied is voertuie met… Lees meer »
My broer het die naweek vir my kom kuier met sy nuwe Haval. 20km grondpad, en daar val die ruit uit. Oppad terug JHB toe, oorverhit die ding. Ag nee wat, dit bly maar Chinese gemors.
Presies wat die naam sê: kyk maar onder hom, haval sy parte uit :-)