Luister: Wiele2Wiele verbaas oor die Haval H2

Die Haval H2

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en nuttige wenke.

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Suzuki se groot ‘renstel’, die Suzuki Swift Sport. Hulle ry ook in styl rond met Audi se Q3, staan verbaas oor die Haval H2, wonder of jy hibriede-motors se brandstofsyfers kan vertrou en ‘Trompie’ kom kuier vir 2-wiele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jan ·

Ek het self na die H2 gaan kyk, en kan nie meer verskil van die paneel se bevindings nie:
Binneafwerking? Goedkoop en goedkoop materiale.
Bougehalte? Treurig, panele se afwerking is substandaard en skakelaars voel of dit van kaas gemaak is.
Gemaklike sitplekke? Nope. 1970’s Datsuns was geriefliker en van veel beter materiale gebou.

Onthou dat toe die Japanese en Koreane die wêreld se motor markte betree het, het hulle baie vinnig bygekom om duursame goeie gehalte motors te bou. Die Sjinese handelsmerke is nou al 15 jaar in SA, en al wat hulle werklik aan ons bied is voertuie met goeie pryse. Dis wel waar, die H2 se standaard toerusting/speelgoed is heel op par, bluetooth, spoedbeheer en veiligheidstoerusting om maar `n paar te noem.

‘n Kennis het laasjaar `n Haval H1 aangeskaf, en hy is 10 maande later verbitterd oor sy skuif. Sy grootste beswaar is dat die H1 ‘stadig’ is teenoor sy vorige motor, klim nie bulte nie en jy meet die 0-100 met `n kalender. Sy vorige voertuig waaraan hy dit meet? `n 2012 Kia Picanto

Opgewonde raak oor die H2 en Haval oor die algemeen? Neewat, ek het ook nie my tyd gemors met `n toetsrit in die H2 nie

Grens ·

My broer het die naweek vir my kom kuier met sy nuwe Haval. 20km grondpad, en daar val die ruit uit. Oppad terug JHB toe, oorverhit die ding. Ag nee wat, dit bly maar Chinese gemors.

Leonard ·

Presies wat die naam sê: kyk maar onder hom, haval sy parte uit :-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.