Maroela Motors-langtermyntoets: Isuzu KB 300D-Teg-dubbelkajuit 4×4 LX outo

Die Isuzu KB 300D-Teg-dubbelkajuit 4x4 LX outo (Foto: Isuzu)

Die Isuzu KB 300D-Teg-dubbelkajuit 4×4 LX outo (Foto: Isuzu)

Motorjoernaliste het die lekkerste werk in die wêreld. Ons kry die kans om al die nuutste en beste motors op die mark te toets en mee te ry, en dan van daar af ʼn professionele mening te gee oor wat ons dink, voel en weet van ʼn sekere motor … lekker, nè? Ek was bevoorreg om vir Desember lekker rond te rits met ʼn Isuzu-dubbelkajuit. My eerste indrukke lyk só:

Die nuwe jassie wat Isuzu vir die getroue ou perd aangetrek het, is regtig mooi. Aggressiewe hoeke en lyne laat die KB taai soos ʼn ratel lyk. Die nuwe 18”-sierwiele is vir my ook regtig netjies en rond die pakket mooi af.

Die KB spesifiek is die reeksleier en is toegerus met ʼn 3 liter-viersilinder-dieselmasjien wat 130 kW en 380 Nm bied. Die enjin gaan met ʼn 5-spoed-outokas gepaard. Die bakkie kan boonop nog 3 500 kg sleep. Gelukkig weeg my woonwa net so oor die ton …

My eerste indrukke van die binneruim is ongelukkig nie so goed soos met die buitekant nie. Die binnekant van die leefstyl-bakkie is nog bietjie werkesel in plaas van weeldewa. Harde plastiek oorheers en die bestuursposisie is vir my ongemaklik.

Ek is regtig nuuskierig om oor die volgende paar weke te sien net waarvan die Isuzu gemaak is in verskeie omstandighede.

Drie ander artikels oor dié motor gaan onder meer fokus op die krag en ritgehalte, sy 4×4-vernuf én sy sleepvermoë.

Die reeks lyk so:

KB 250D-Teq dubbelkajuit Hi-Rider100 kW/320 Nm7.7 l/100 kmR358 400
KB 250D-Teq dubbelkajuit LE100 kW/320 Nm7.7 l/100 kmR439 600
KB 250D-Teq dubbelkajuit 4×4 LE100 kW/320 Nm7.9 l/100 kmR462 000
KB 300D-Teq dubbelkajuit LX130 kW/380 Nm7.8 l/100 kmR486 900
KB 300D-Teq dubbelkajuit LX outo130 kW/380 Nm7.7 l/100 kmR501 200
KB 300D-Teq dubbelkajuit 4×4 LX130 kW/380 Nm7.9 l/100 kmR549 800
KB 300D-Teq dubbelkajuit 4×4 LX outo130 kW/380 Nm7.9 l/100 kmR563 500

Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/120 000 km-waarborg en 5 jaar/90 000 km-diensplan. Diensintervalle is elke 15 000 km.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jacques ·

Hierdie bakkies moet bestuur word om gewaardeer te word. Dit is die heel bestes. Padhouvermoë. Brandstofverbruik. Rygerief. Vragdraers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.