Mazda se splinternuwe BT-50

Mazda stel op 15 Julie sy splinternuwe BT-50-bakkie bekend.

Die nuwe BT-50 is op Isuzu se volgende D-Max geskoei. Die binneruim is gepeper met luukshede soos ʼn 7″- of 9″-raakskerm met Apple CarPlay en Android Auto. Daar is ʼn truratkamera, parkeersensors, LED-ligte, wegtrekhulp, afdraandebeheer, sleephulpmiddels, spoedkontrole en sewe lugsakke.

Daar gaan drie weergawes beskikbaar wees – Active, Dynamic en Individual. Die intreemodel maak gebruik van ʼn splinternuwe 1.9-turbodiesel-enjin wat 110 kW en 350 Nm bied. Dié enjin is beskikbaar in handrat of outo.

Die Dynamic- en Individual-modelle maak gebruik van ʼn nuwe 3.0-viersilinderturbodiesel met ʼn 6-spoed- outomatiese ratkas. Dié enjin bied 140 kW en 450 Nm. Die Individual is beskikbaar met ʼn 4×4 en al die ander weergawes slegs 4×2.

Die BT-50 word in Thailand vervaardig. Die reeks word gedek deur ʼn driejaar/onbeperkte km-waarborg, ‘n diensplan en padbystand.

Pryse sal by bekendstelling bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Buks ·

So bly hulle haal daardie vieslike (en onpraktiese) agterligte van die klap af

andre ·

Hopelik kry die Isuzu ook die 1.9 diesel.Sekeres van ons sal die eeste Isuzu 1.9 diesel van die laat 70tigs ,vroee tagtigs onthou. Die kraglewering was sowat 38kw daai tyd en versnelling tot 90km/h het net op gelyk paaie en afdraandes gebeur. Maar dit was n regte kanniedood en fantastiese 4×4 as die pad verdwyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.