Merc-bussie kry rissies in sy enjin

Die Mercedes-Benz V-klas is ʼn lieflike gesinsbuks. Die V250d is al ʼn geruime tyd beskikbaar, en ons het al tyd met hom deurgebring. Jy kan meer oor hom hier lees. Mercedes het wel nou daai einste bussie opgeknap met ʼn paar nuwe luukshede, en die beste van alles: Mercedes se splinternuwe 2.0-viersilinderturbodieselenjin.

Ek het al die OM 654-enjin ervaar in die GLC. Ek het daar gesê dat dit moontlik die beste viersilinderturbodiesel-enjin tans op die mark kan wees. Die V-klas maak nou gebruik van dieselfde enjin en ʼn nuwe 9G-Tronic-ratkas. Die 2.0-viersilinderturbodiesel bied 176 kW en 500 Nm. Dis fantasties. Die V300d sal 100 km haal in ʼn blitsige 7,9 sekondes en kan 220 km/h haal. Sjoe!

Die Avantgarde- en AMG-pakkette was op die V-klas beskikbaar, maar daar is nou ʼn Exclusive-spesifikasievlak beskikbaar. Dit sluit ʼn manjifieke panoramiese sondak in, geakklimatiseerde sitplekke in die tweede ry en ʼn middelkonsole met ʼn yskassie.

Die V300d kom standaard met sewe sitplekke, maar kan gespesifiseer word met ses óf agt sitplekke – wat ook al beste aan die kliënt se vereistes voldoen. Die paneelbord word opgedateer met Mercedes se nuutste MBUX-inligtingstelsel met ʼn 10.25”-raakskerm. Dít saam met ʼn fantastiese Burmeister-klankstesel werk puik.

Ons sal wel ʼn bietjie tyd met die V300d deurbring. Ek is oortuig dat dit ʼn puik sleepvoertuig sal wees. Tot dan… gaan kyk self in vertoonlokale.

Die reeks lyk só:

Mercedes-Benz V300d AvantgardeR1 440 203
Mercedes-Benz V300d Avantgarde AMG LineR1 515 183
Mercedes-Benz V300d ExclusiveR1 645 880

Die reeks word gedek deur ʼn 2 jaar/onbeperkte km-waarborg en 5 jaar/100 000 km‑ omvattende instandhoudingsplan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gato ·

Dankie vir die motor artikels ek geniet dit.
Die bus lyk baie oulik en ek is seker die enjin is ‘n juweel maar my probleem met die tipe voertuie is dat seker 90% van MM se lesers dit nie eers naastenby kan bekostig nie.
Wat van ‘n bietjie meer artikels oor meer bekostibare gesinsbussies. VW, Ford, Peugeot, Fiat, Opel en nog ‘n paar ander vervaardigers het sulke voertuie waarvan party baie onbekend is. Ek het bv. eers onlangs Ford se Torneu Connect SWB bussie ontdek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.