Mercedes-Benz het pas die pryse van sy twee toonaangewende V6-dieselbakkies bekendgemaak.
Só lyk die pryse:
Mercedes-Benz X350d Progressive | R904 188 |
Mercedes-Benz X350d Power | R973 188 |
Albei V6-bakkies is met vierwielaandrywing toegerus en bied 190k W en 550 Nm. Albei beskik oor sleutellose toegang, satellietnavigasie, lugsakke, klimaatbeheer en speelwa-stabilisering. Die Power is die reeksleier in terme van stilering, verrigting en gemak.
Die X350d sal glo reeds einde November beskikbaar wees.
Maroela Media sal ná die mediabekendstelling van dié model ʼn noukeurige resensie bied.
Om jou X350d te bou, kliek hier: www.x-class.co.za
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
16 Kommentare
Ek sal maar weg bly van 4×4 met die een.
Gelukkig bevat dit ander dna as Mercedes, anders het hul bedrading ook opgevrot, “google” “mercedes wiring harness problems”
Nissan navara is darm baie goedkoper…miskien sal VW Amarok vir my beursie beter pas….amper n Million Rand..
Wat is speelwa-stabilisering.?Dit klink nogal kinky. Dis dalk wat wat die bakkie so duur maak!
Née o genade, daardie prys!
Hy gaan agter Amarok inval op verkope. Genadiglik spesifiseer MB nie sy verkoopsyfers nie…