Petrolkoppe en mense met brandstof in hul are kan van vandag en vir die duur van die naweek die grootste versameling motors op een plek by die Kyalami-renbaan in Johannesburg geniet.
Daar gaan verskeie geleenthede wees om verskillende motors en produkte te ervaar, of dit nou in ʼn Suzuki Jimny of Ford Raptor op die 4×4-baan is, of as ʼn passasier in ʼn Alfa Romeo Stelvio met renjaer Phillip Kekana agter die stuur. Vir dié wat nie té veel adrenalien soek nie is daar vermaak en hordes kosstalletjies om te geniet.
Van die handelsmerke wat vanjaar by die Festival of Motoring verteenwoordig word sluit in Abarth, Alfa Romeo, BMW, BAIC, Chery, Citroën, Fiat, Ford, Haval, Isuzu, Jeep, Kia, MINI, Omoda, Opel, Peugeot, Porsche, Proto , Subaru en Suzuki.
Tussen dié handelsmerke wys sommiges hul jongste modelle – Suzuki wys vir die eerste keer die vyfdeur-Jimny op eie bodem. Porsche het ʼn interessante interaktiewe vertoning van sy jongste Cayenne terwyl Omoda van sy toekomstige modelle ten toon stel.
Vir ʼn dag propvol petrol en pret, gaan gerus Kyalami toe.
Kaartjies kan hier gekoop word.