Motorfees op Kyalami is terug!

Die Suid-Afrikaanse motorfees vind vanjaar van 26 tot 28 Augustus by die Kyalami-renbaan in Gauteng plaas.

Vanjaar se fees sal motorfanatici die geleentheid gee om vinnige rondtes in hul gunstelingmotors te doen, ʼn Formule 1-demonstrasie te sien, supermotorfietse in aksie te sien tydens die Sunbet ZX10R-meestersbeker en skouers te skuur met die legendes van die negeuur-uithouren.

Hier is ʼn lys van die vervaardigers wat op die fees verwag kan word:

Abarth

Alfa Romeo

Chery

Citroën

Fiat

Jeep

Mercedes-Benz

Mopar

Opel

Peugeot

Suzuki

Toyota

Volvo

“Die geleentheid voorsien in die behoeftes van die tradisionele petrolkop, die gesin wat na ʼn buitelug-pretdag op soek is, motorkopers en diegene wat ʼn luukse handelsmerk in gedagte het,” sê Judy Maharaj, direkteur van die motorfees.

Kaartjies kos R250 per volwassene en R50 vir kinders tussen drie en 12 jaar oud.

Kaartjies is hier beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.