Motorfees op Kyalami stel nie teleur

Die afgelope naweek het hope pret vir plaaslike feesgangers by die motorfees op Kyalami ingehou.

Maroela Media het Donderdag reeds ʼn voorsmakie geniet van wat elke handelsmerk ten toon gestel het.

Die Stellantis-groep wat Abarth, Alfa Romeo, Citroën, Fiat, Jeep, Opel en Peugeot insluit, het hul hele modelreeks in die kuipe uitgestal. Drie van die modelle wat my oog gevang het, is die Alfa Romeo Stelvio- en Giulia Quadrifoglio-modelle sowel as die Fiat 500 595 Tributo Ferrari. Jeep se nuwe Grand Cherokee L en Gladiator was ook daar vir die publiek om onder oë te kry.

Twee groot verrassings was Suzuki wat sy toekomstige Grand Vitara gewys het en Mercedes‑Benz wat sy hele elektriese reeks bekend gestel het.

Die nuwe Grand Vitara het nie laestrek nie, maar tog Suzuki se nuwer AllGrip-vierwielaandrywingstelsel. Dit is ʼn middelslagsportnutsvoertuig, ietwat kleiner as die vorige Grand Vitara.

Die nuwe Grand Vitara sal Suzuki se reeksleier wees, en met die eerste oogopslag is dit voorwaar ʼn mooi buks. Die gehalte lyk ook indrukwekkend en soos ons deesdae van Suzuki verwag, is die spesifikasievlak baie sterk.

Spesifieke details is nog duister, maar ons weet dat daar twee dryfstelsels beskikbaar sal wees, albei 1.5‑ atmosferiese viersilinderpetrolenjins. Een met hibriede hulp, en die ander daarsonder. Ek is seker dat ons drie spesifikasievlakke sal sien, ʼn intreemodel, ʼn middelslag en ʼn reeksleier, met twee ratkaste, een handrat en een outo. As ek moet skat, sal die Grand Vitara seker in die omgewing van R475 000 kos vir die reeksleier.

Mercedes-Benz het sy EQA, EQB, EQC en EQS bekend gestel en die EQE sal eersdaags volg.

Die nuwe EQ-reeks lyk só:

ModelKragReikafstand en kragverbruik0‑100 km/h en topspoedPrys
EQA 250140 kW/375 Nm429 km

17,6 kWh/100 km

8,6 sek.

160 km/h

R1 169 500
EQB 350 4Matic215 kW/520 Nm423 km

18,1 kWh/100 km

6,2 sek.

160 km/h

R1 374 500
EQC 400 4Matic300 kW/760 Nm437 km

 

5,1 sek.

160 km/h

R1 679 000
EQS 450+245 kW/568 Nm782 km6,2 sek.

210 km/h

R2 615 700
AMG EQS 53 4Matic+484 kW/950 Nm586 km3,8 sek.

220 km/h

R3 410 100

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.