Motorsport: Spirit of Amarok

Foto: Brendon Staniforth

Sarel van der Merwe en Volkswagen Suid-Afrika het nou vir die vierde jaar die Spirit of Amarok‑kompetisie hier in Suid-Afrika aangebied.

Twintig amateurspanne van tien lande neem aan dié kompetisie deel. Die spanne kom van Australië, Botswana, die Tsjeggiese Republiek, Denemarke, Duitsland, Swede, Namibië, Rusland, Suid-Afrika en Taiwan. Die hindernisse en bane is deur Suid-Afrikaanse tydrenlegende Sarel van der Merwe ontwerp.

Vanjaar se gereedskap vir die deelnemers is Volkswagen se 132 kW BiTDI 4Motion outomatiese Amarok. Ons media het vir die derde en laaste dae by die kompetisie aangesluit, en ons het V6 TDI Amaroks gebruik.

Die Suid-Afrikaanse mediaspan het aan ʼn paar van die snelrenne deelgeneem, en daarna is ons die heel tyd gevra om versigtig te wees. Ons is oortuig dis omdat ons V6 baie vinniger is as die 2.0’s waarmee die deelnemers gery het, nietemin – dit was vet pret vir ons almal.

Foto: Brendon Staniforth

Die Wolf-trofee is vanjaar deur JD Kruger en LD Erasmus van Suid-Afrika opgeraap. Dit is die tweede agtereenvolgende jaar wat Suid-Afrika met dié trofee wegloop. Australië is tweede, en Botswana derde.

Die kompetisie het in 2015 begin met vier lande vanuit twee kontinente, en vanjaar tien lande vanuit vier kontinente. Dít is bewys dat die Internasionale Spirit of Amarok die gesogste amateur 4x4kompetisie in die wêreld is.

Wat vir my opvallend was, was die asemrowende sportmangees wat by die kompetisie en prysuitdeling gewys is. Elke land was regtig bly vir dié wat medaljes gewen het… en toe dit by die wenners kom, het mense van verskeie tale, kulture, lande, kontinente en kerke mekaar omhels en geluk gewens.

Om vir die uitdunne vir Botswana, Suid-Afrika en Namibië in te skryf en ʼn kans te staan om aan 2019 se Spirit of Amarok deel te neem – kliek hier: www.vw.co.za/en/spirit-of-amarok.html

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hangman ·

Hopenlik sal hulle Amarok nie overheat soos myne nie… Want soos ek verstaan is dit maar n algemene ding met hulle. Maar sterkte vir julle en nog meer sterkte aan my…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.