ʼn Uitdagende naweek vir Ford…

Foto: Verskaf.

Die twee FIA-klas Ford Castrol Neil Woolridge Motorsport Rangers het ʼn uitdagende naweek gehad in vanjaar se Sugarbelt 400-veldren. Die twee FIA-klas Rangers is splinternuut. Die twee bakkies word aangedryf deur Ford se 3.5 EcoBoost V6- turbopetrolenjins.

Gareth Woolridge en navigator Boyd Dreyer het tweede gekwalifiseer, maar is ʼn twee minuut tydstraf toegeken oor ʼn teenstrydigheid tussen ʼn spoedsensor op die bakkie en die RallySafe-stelsel. Dus sou hulle vyfde wegspring. Lance Woolridge en Elvéne Vonk het egter katvoet gespeel en het uiteindelik derde gekwalifiseer ná al die strawwe uitgedeel is.

Nadat albei bakkies in die eerste rondte tegniese probleme ervaar het, is die bakkies onttrek om die enjins te beskerm. By nadere ondersoek is die tegniese fout dadelik opgespoor: Die induksie-pype het gefaal as gevolg van die enorme turbodruk.

Foto: Verskaf.

Neil Woolridge voel dat terwyl dié rondte teleurstellend was, daar steeds positiewe punte is waarmee hulle na die 1 000 km- veldren in Upington toe gaan oor ʼn paar weke. Die tegniese probleme is klein en hulle weet reeds hoe om dit reg te stel. Hule het die vrugte van die veranderings aan die kalibrasie van die enjin en die opknappings aan die vering gepluk. Dit bakkie is egter splinternuut en dis die EcoBoost se tweede wedren.

Die private renjaers wat in hul klas-T V8 aangedrewe Rangers moes die Ford-vlag hoog laat wapper. Malcolm en Frans Kock het tweede geëindig en Wors Prinsloo en Andre Vermeulen is derde oor die eindstreep. Christo Rose en Arno Olivier is bly om in vyfde plek tuis te kom in hul eerste seisoen. Ford se eie NWM-ontwikkelingspan met Bapi Rubuluza en Fanifani Meyiwa het hul debuut in sesde plek voltooi, reuse-oorwinning vir dié twee.

Die volgende wedren is die Toyota 1 000 Desert Race in Upington van 18 tot 20 Junie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.