Toyota het in September 2020 ʼn rekordmaand in terme van verkope gehad met 9 435 eenhede waarvan 4 252 ʼn Hilux was. Dis asemrowend as ʼn mens die huidige ekonomiese klimaat in ag neem. En vandag het Toyota pas die nuwe Hilux aan die media bekendgestel. Ek dink die modder gaan nou éérs spat!
Wat verander?
Die S- en SR-weergawes behou die oorspronklike voorkant en gaan ongedeerd voort. Die vorige SRX-model word as die Raider vervang. Glenn Crompton, vise-president van bemarking, sê dis omdat die SRX met tyd gevorder het tot op die Raider se vlak weens kliënte-aanvraag.
“Dit het ʼn gaping in die Hilux-reeks teweeggebring vir ʼn spesifikasie bó die Raider – en dit is wat die nuwe Legend-weergawe sal bied. Raider sal met sy chroomvoorkoms voortgaan, en Legend bied ʼn kenmerkende nuwe voorkoms wat op die ontspannings-gebruiker gerig is,” het Crompton gesê.
Die Raider, Legend en Legend RS- weergawes kry ʼn magdom opknappings. Die 2.4 Raider kry vier halogeengloeilampe – die 2.8 Raider kry LED-ligte. Die Legend-weergawe kry ʼn swart sierrooster en nuwe wielboë omhulsels en bufferintegrasie. Die Legend RS kry die RS-bykomstighedepakket – RS staan vir “Roller Shutter” en kry ʼn elektroniese rolluik, ʼn sportsrolstaaf, ʼn rubber-gevoerde laaibak en ʼn geassisteerde laaiklap met ʼn stofverdedigingstelsel.
Die Legend-weergawe kry ʼn unieke binneruim om sy status bó die ander modelle uit te beeld. Daar is nege kleure beskikbaar – waar vir die eerste keer in ʼn Hilux, Attitude Black uitsluitlik vir Legend-modelle beskikbaar is. Wiele en bande is ook hersien. Die Raider-modelle keer terug na ʼn 17” wiel met ʼn 265/ 65/17-bande. Legend-modelle kry nuwe 18” sierwiele met 265/60/18-bande.
Dit bring ons mooi by die opknapping waaroor almal praat.
Die 2.8 GD-6 enjin is opgeknap om 150 kW en 500 Nm te bied. 500 Nm is slegs op die outo beskikbaar, en die handrat is beperk tot 420 Nm. Dié verhoging in verrigting is nie slegs ʼn blikbreinopknapping nie, maar eerder ʼn nuwe turbo, algemene spoor direkte brandstofinspuiting, hersiene blok en uitlaatspruitstuk, onder meer.
Die Legend 4×4 outo- model kry ʼn balanseringstaaf in die enjin by wat NVH (Noise, Vibration & Harshness) verminder in die kajuit. Die 6-spoed outomatiese ratkas is gekalibreer om vroeër te sluit vir beter versnelling en om koel te bly, veral as mens sleep. Die 2.4 GD-6 4×4 modelle se sleepvoermoë is met 300 kg verbeter tot 3.5 ton, soos die 2.8 model.
Uiteindelik kry die Raider en Legend weergawes ʼn nuwe 8”-raakskerminligtingstelsel met CarPlay en Android auto. Nóg ʼn welkome opsie is TSS (Toyota Safety Sense) vir die eerste keer in ʼn Hilux. TSS is beskikbaar op Legend 4×4- modelle en sluit in botsingwaarskuwing, baanhulp en aanpasbare spoedkontrole. Dit sluit aan by die ses lugsakke, EBD, remhulp, stabiliteitsbeheer, sleephulp en vastrapbeheer wat reeds beskikbaar was. Alle nuwe Toyotas word verkoop met Toyota Connect. Dit bied WiFi binne die voertuig en sluit 15Gb data gratis in.
Ons gaan volgende week bietjie tyd met die Hilux deurbring – maar sover ek kan sien is dit die eerste keer wat Toyota ʼn ware mededinger het vir Ford se Wildtrak.
Die reekse lyk só:
ENKELKAJUIT | MODEL | PRYS |
S | 2.7 VVTI RB S 5MT | R 386,700 |
2.0 VVTi S 5MT | R 291,100 | |
2.0 VVTi S A/C 5MT | R 299,800 | |
2.4 GD S 5MT | R 328,400 | |
2.4 GD S A/C 5MT | R 337,200 | |
SR | 2.4 GD-6 RB SR 6MT | R 414,500 |
2.4 GD-6 4X4 SR 6MT | R 482,000 | |
RAIDER | 2.4 GD-6 RB RAIDER 6MT | R 447,800 |
2.4 GD-6 RB RAIDER 6AT | R 466,100 | |
2.4 GD-6 4X4 RAIDER 6MT | R 520,700 | |
2.4 GD-6 4X4 RAIDER 6AT | R 540,900 | |
2.8 GD-6 RB RAIDER 6AT | R 532,300 | |
2.8 GD-6 4X4 RAIDER 6AT | R 602,400 |
XTRA-KAJUIT | MODEL | PRYS |
RAIDER | 2.4 GD-6 RB RAIDER 6MT | R 460,000 |
2.4 GD 6 RB RAIDER 6AT | R 478,200 | |
LEGEND | 2.8 GD-6 RB LEGEND 6MT | R 550,000 |
2.8 GD-6 RB LEGEND 6AT | R 574,900 | |
2.8 GD-6 4×4 LEGEND 6MT | R 622,000 | |
2.8 GD-6 4×4 LEGEND 6AT | R 647,300 |
DUBBELKAJUIT | MODEL | PRYS |
S | 2.7 VVTi RB S 5MT | R 440,400 |
SR | 2.4 GD-6 RB SR 6MT | R 476,900 |
2.4 GD-6 4X4 SR 6MT | R 549,200 | |
RAIDER | 2.4 GD-6 RB RAIDER 6MT | R 505,200 |
2.4 GD-6 RB RAIDER 6AT | R 521,200 | |
2.4 GD-6 4X4 RAIDER 6MT | R 583,700 | |
2.4 GD-6 4X4 RAIDER 6AT | R 609,500 | |
2.8 GD-6 RB RAIDER 6AT | R 631,900 | |
2.8 GD-6 4X4 RAIDER 6AT | R706,400 | |
LEGEND | 2.8 GD-6 RB LEGEND 6MT | TBC |
2.8 GD-6 RB LEGEND 6AT | R 696,200 | |
2.8 GD-6 4X4 LEGEND 6MT | R 733,500 | |
2.8 GD-6 4X4 LEGEND 6AT | R 765,600 | |
4.0 V6 4X4 LEGEND 6AT | R 765,200 |
Alle Hilux-modelle word deur ʼn 3 jaar/ 100 000 km waarborg en 9 dienste diensplan gedek.
Ons sal ná volgende week ʼn diepgaande bespreking gee oor hoe verskille voel vanuit die kajuit.
Ton Ou Yster Op Twee Aste.
Die laaste ordentlike Hilux, in my opinie, was die 6de generasie modelle (1998/99 tot 2004). Egte werksesels sonder fieterjasies. Daarna was dit egter net vel-metaal met plastiek buffers en frilletjies – teen heelwat hoër pryse.
Wonder hoeveel van die “nuwelinge” nog sal pronk oor 30 jaar, soos heelwat van die oues steeds doen.
Alles het altyd reg geloop. Het.
Baie geluk Toyota. Net jammer die Outo ratkas van 6 ratte is behou. Agtspoed sou die ding doen, maar nouja hul weet beter
Die ding werk so: “Ek het ‘n 2012 Hilux, Hy doen als wat ek wil hè hy moet doen, nou nie ‘n 4×4 nie maar ten minste ‘n diff lock. Die ding is klaar betaal, en ja, ek sal glad nie omgee om een van die nuwe Hilux’es te besit nie, nie dat dit my nie bekoor is nie maar net eenvoudig dat ek nou 60 is en dink nie ek moet nou in ‘n R600 000 “bracket” bakkie inspring en al my ou spaar geldjies (pensioen geldjies) gaan op blaas nie. Die bybel sè ‘n ou mag nie begeer nie, maar ek moet sè die nuwe Hilux lyk glad nie sleg nie.
So, ja, die eind van die dag ry ek maar rustig in my 30. D4D rond wat klaar betaal is.
Sadly, dis hoe die cookie crumble.
Maar ‘n ou moet darm ook dink aan die dag van more.
groetnis uit die Kaap
Ek was 2 jaar werksaam in Saudi, Toyotas is die enigste voertuie wat langtermyn betroubare diens lewer in die woestyn en goeie waarde hou die res beland redelik vinnig op n skrootwerf. Mense wat wat praat van ou yster op aste is skreeusnaaks ,kan net kantoorwerkers wees wat ” high tech” skermpies en elektoniese” gadgets” gebruik as maatstaf gebruik om n voertuig te oordeel. Sterkte met daai ene
So die Conquest RSi het beteken Roller Shutter installed?
Wat is die prys vir n sleepstang wat blyk n opsie te wees wat ten minste 80% eienaars installeer?
Plaas se prys vir ‘n bakkie? Nee wat.
Hennie, jy dink darem seker aan ‘n baie klein plasie?
Die pryse op veral die dubbelkajuit is verkeerd. Die top model Legend is 851k
Baie mooi en uiters betroubaar. Sal een bestel asb!!!