Nuwe Amarok se pryse bekend

Die nuwe Amarok deel sy DNS met Ford se Ranger en word in Ford se Silverton-aanleg gebou. (Foto: Verskaf)

Die tweede generasie van Volkswagen se bekende Amarok behoort volgende maand beskikbaar te wees, maar intussen is pryse van sommige modelle al bekend gestel.

Die nuwe Amarok deel sy DNS met Ford se Ranger en word in Ford se Silverton-aanleg gebou. Dit is ʼn pluimpie vir Suid-Afrikaanse bougehalte dat die Duitsers ons vertrou met hul enigste bakkie.

Daar sal weer enkel- en dubbelkajuitweergawes van die Amarok beskikbaar wees. Die enkelkajuit sal slegs in Suid-Afrika beskikbaar wees.

Daar is vier spesifikasievlakke beskikbaar: Life, Style, PanAmericana en Aventura. Vier dieselenjins is beskikbaar met krag van 110 tot 184 kW.

Daar is vier spesifikasievlakke beskikbaar: Life, Style, PanAmericana en Aventura. (Foto: Verskaf)

Die enkelkajuitwerkperd bied 110 W en het ʼn vyfspoed handrat, dan is daar ʼn 125 kW met ʼn sesspoed handrat en ʼn 4×4-weergawe. Die enkelkajuitmodel sal teen middel 2023 beskikbaar wees en ons sal dán ʼn beter idee van sy pryse kry.

Volkswagen bied hul modelle met ʼn vier jaar/120 000 km-waarborg en vyf jaar/100 000 km-omvattende instandhoudingsplan.

Só lyk pryse vir die dubbelkajuit:

Volkswagen Amarok 2.0TDI 110 kW 5-spd handratR599 000
Volkswagen Amarok 2.0TDI 125 kW 6-spd handratR650 500
Volkswagen Amarok 2.0TDI 125 kW 4MOTION 6-spd handratR721 500
Volkswagen Amarok Life 2.0TDI 125 kW 6-spd handratR683 500
Volkswagen Amarok Life 2.0TDI 125 kW 4MOTION 6-spd handratR738 000
Volkswagen Amarok Life 2.0TDI 125 kW 4MOTION 6-spd outoR760 000
Volkswagen Amarok Life 2.0BiTDI 154 kW 4MOTION 10-spd outoR825 500
Volkswagen Amarok Style 2.0BiTDI 154 kW 4MOTION 10-spd outoR900 000
Volkswagen Amarok Style 2.0BiTDI 154 kW 4MOTION 10-spd outo (Comfort Package)R919 500
Volkswagen Amarok Style 3.0 TDI V6 184 kW 4MOTION 10-spd outoR966 000
Volkswagen Amarok Style 3.0 TDI V6 184 kW 4MOTION 10-spd outo (Comfort Package)R985 500
Volkswagen Amarok PanAmericana 2.0BiTDI 154 kW 4MOTION 10-spd outoR987 000
Volkswagen Amarok PanAmericana 2.0BiTDI 154 kW 4MOTION 10-spd outo (Comfort Package)R1 017 000
Volkswagen Amarok PanAmericana 3.0 TDI V6 184 kW 4MOTION 10-spd outoR1 053 000
Volkswagen Amarok PanAmericana 3.0 TDI V6 184 kW 4MOTION 10-spd outo (Comfort Package)R1 083 000
Volkswagen Amarok Aventura 3.0 TDI V6 184 kW 4MOTION 10-spd outoR1 105 000

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Harley Davidson ·

Die pryse is belaglik hoog ‘n bakkie behoort nie meer as ‘n halfmiljoen te wees nie ,uitbuiting van die vervaardigers sal graag wil weet wat so ‘n bakkie se kosprys is om te bou.

Spook ·

Dit is te danke aan R18 per dollar. Dankie ook aan die regerende party en hul swak besluite en beleide.

Old no7 ·

Spook, ek verstaan dan nie. Immers word die modelle in Silverton Pretoria gebou en versprei. Voertuie wat van China af kom is dieselfde prys of duurder as Japanese en selfs sommige Duitse voertuie. Een rand koop 0.38 Chinese yuang op die staduim en ek dink jou Indiese geldeenheid is net so swak. As jy die vergelyking maak is daar dan vir my ń groot skroef los met pryse van veral Chinese en voertuie uit India afkomstig. Iemand wat meer lig kan werp oor hoe pryse bepaal word, of is dit ook weer dat een voertuig ń ander subsidueer? In die korrupte land is enige iets vir my moontlik.

Wielspore ·

Ek het die nuwe Ranger gaan toetsbestuur, puik voertuig, sien nogal uit om die Amarok ook te ry alhoewel daar min verskil tussen die twee gaan wees. Ford is goedkoper as die Amarok, dit is nogal jammer. Intree prys op die nuwe generasie Amarok is omtrent R150K minder as die huidige Amarok reeks. Dit gaan beslis in die guns van bakkie kopers wees.

JohanR ·

Moeilike besluit…..Ford of VW? Die Ranger het te Xmas geword, en die VW lyk soos ‘n bakkie, alhoewel ‘n duur bakkie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.