Nuwe Mazda-bakkie het Isuzu-DNS  

Die nuwe Mazda BT-50. Foto: Verskaf

Mazda het pas sy splinternuwe BT-50 bakkie in Australië bekendgestel.

Die nuwe bakkie deel DNS met Isuzu se splinternuwe D-Max wat ons ook nog nie in Suid-Afrika onder oë gehad het nie.

Só is daar nou ʼn splinternuwe huwelik tussen Mazda en Isuzu. Die nuwe Mazda BT-50 word op die toekomstige Isuzu D-Max gegrond. Die foto’s lyk fantasties, en ek is oortuig dat baie Suid-Afrikaners nie sal kan wag om weer vir hulle ʼn BT-50 aan te skaf nie.

Besonderhede vir die datum van uitreiking, enjins en ratkaste vir die Suid-Afrikaanse model is alles nog duister – maar as ons na Australië kyk, dan is ʼn 3,0 viersilinderturbodieselenjin met ongeveer 130 kW en 450 Nm waarskynlik. Daar is twee ratkaste – albei 6-spoed, een outo – een handrat. Ek neem aan Mazda gaan die bakkie mededingend prys in sy segment.

Die nuwe Mazda BT-50. Foto: Verskaf

Die nuwe BT-50 lyk ook pure Mazda en volg sy KODO-ontwerpstyl, soos die res van die reeks. Die Australiese model is gepeper met aktiewe veiligheidstelsels soos botsingswaarskuwing, baanbeheer, remhulp, outomatiese noodremme, blindekolwaarskuwing en agter kruisverkeerwaarskuwing, en die binneruim lyk regtig luuks met sy groot raakskerm wat Apple CarPlay en Android Auto bied.

Jare lank is Mazda se BT-50, of Drifter voor dit, op Ford se Ranger, of Courier voor dit, gegrond. ʼn Mens het hulle maar só geken. Ek neem aan toe Ford so 15 jaar terug aangedring het dat die vertoonlokale van die twee handelsmerke van mekaar moet skei, is daar nie veel daarvan gedink nie.

Die nuwe Mazda BT-50. Foto: Verskaf

Toe split Mazda totaal en al van Ford – en dit was vir Mazda ʼn reusesukses. Hul eie toegewyde verkoopsmense ensovoorts.

Ek neem aan in dié egskeiding het verhoudings seergekry. Ek het in 2017 ʼn Mazda BT-50 gery, en dit was die eerste bakkie wat nie meer in Ford se Silverton-aanleg vervaardig is nie, en ʼn mens kon dit voel. Daai BT-50 is in Thailand vervaardig – en ek neem aan Mazda was ontevrede met die eindproduk.

As ek na die foto’s kyk, kan ek nie wag nie, en as dit is hoe die Mazda lyk, dan maak dit my ook voorwaar opgewonde oor die toekomstige Isuzu.

Die nuwe Mazda BT-50. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Michael 1 ·

Mazda was nog altyd goed gewees maar die ou BT50 was lelik gewees,ek glo hy en die nuwe Izusu gaan alie skop.

Jack ·

My 1997 model dubbelkajuit 2.2L petrol model het my vir 20 jaar plesier met die minimum van drama gegee. Mazda bou eerlike betroubare voertuie.

Johan ·

Ai Maroela Media – weer ‘n flater in jul beriggewing… Daar word gereken die Mazda’s was op die Courier / Drifter gegrond? (LOL)
Die feit is dat die Ford Courier / Ranger tot en met 2012 op die Mazda B-Reeks gebasseer was. (Nie “Drifter” soos jul reken nie, die Drifter was ‘n spesifikasie / “spec” op die B-Reeks…)
Die Ford Courier / Mazda Magnum 3.0 & 3.4 Essex V6 en ou Ranger se 4.0 V6’e was wel Ford enjins, maar die bakkies was heeltemal onwikkel deur Mazda, en Ford kentekens is daarop gesit! (SA was die enigste land in die wereld wat die Coerier / B-Reeks met V6 enjins verkoop het, en was dus uniek aan SAMCOR) Die Courier / Ranger / B-Reeks se 1.6, 1.8, 2.0, 2.2 (petrol en diesel) en 2.5 / 3.0 diesel was almal Mazda enjins, en die 2.6 (B-Reeks 4X4) was ‘n Mitsubishi enjin.
Eers met die koms van die 2012 Ranger T6, het Ford die ontwikkeling van die Ranger (in Australië) gedoen, en Mazda het ‘n (lelike) herstillering van die Ranger gedoen, en die 2012-2020 BT50 is gebore.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.