Nuwe motorprogram dié naweek op Ignition

Wild in SA is ʼn splinternuwe avontuurreeks wat van Saterdag af op DStv te sien sal wees.

Die eerste episode word om 08:00 op Ignition, DStv-kanaal 189, uitgesaai.

Die twee aanbieders, Tumelo Maketekete en Michelle D, mik elke week vir ʼn ander fantastiese bestemming.

Daar word weekliks twee bergpasse gedek, een teer en een grond. Elke episode sal ook ʼn kort insetsel bevat oor hoe om in die onbekende te oorleef. Oorlewingspesialis, Ian van der Vyver, deel wenke soos hoe om ʼn vuur aan die gang te kry met jou voertuig se battery.

Die reeks is tydens die nasionale inperking verfilm, so die bemanningslede moes mooi dink oor hoe om dié reeks van agt episodes aanmekaar te sit.

“Die meerderheid van die bestemmings wat ons op ons wenslys gehad het, was gesluit. Ons moes toe na alternatiewe bestemmings soek – dié wat verder uit die beskawing is – en sodoende het ons ʼn paar juwele ontdek,” sê Maketekete.

Michelle D was net te bly om ʼn bietjie uit die stad uit weg te kom. “Dis kos vir die siel om elke nou en dan te herstel en kop skoon te maak.”

Die reeds is deur getMedia Networks vervaardig en word deur Isuzu Motors Suid-Afrika, Suzuki Auto Suid-Afrika en Opposite Lock Afrika geborg.

WILD IN SA – Episode 1

Promo for WILD IN SA episode one. It premiers on Saturday, 15 August, on Ignition TV. Featuring Moolmanshoek Private Game Reserve, Maanhaarrand Pass, Slaaihoek Pass, and we find out if you can start a fire with a car battery.

Posted by Wild in SA on Thursday, August 6, 2020

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.