
Elektriese motor word herlaai Foto: Zaptec
Die maatskappy wat ’n plasmaboor vir die Europese Ruimte-agentskap ontwikkel, Zaptec, het ’n batterylaaier vir die stelsel ontwikkel wat as klein, mobiele laaier enige plek gebruik kan word om elektriese motors vinnig mee te laai.
Konvensionele bore werk nie doeltreffend in gebiede waar min swaartekrag is nie, en daarom word ’n boor ontwikkel wat as’t ware klein weerliggies afvuur wat die rots van binne verpulp. Dit kan met ’n kragbron van 100 Watt vermag word. Die Europese Ruimteagentskap hoop om met die nuwe soort boor tot tien meter diep te kan boor, aansienlik dieper as die maksimum van twee wat met bestaande bore van dieselfde grootte vermag kan word.
Lees meer: Europese Ruimteagentskap
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Jammer as ek dom klink, maar vir my is dít alles Grieks!
Ek dag die berig handel oor n batterylaaier vir motors.
Skielik is 2de paragraaf oor n plasmaboor in ruimte!