Nuwe sportnutsvoertuig in Honda se stal

Honda B-RV (Foto: Honda)

Honda B-RV (Foto: Honda)

Honda Suid-Afrika het nog ʼn aanspraakmaker in sy sportnutsreeks bygevoeg. Die splinternuwe Honda BR-V is ʼn kompakte sportnutsvoertuig. Suid-Afrikaners is baie lief vir dubbelkajuitbakkies en sportnutsvoertuie.

Die BR-V is aanvanklik slegs beskikbaar met ʼn 1.5 liter viersilinderenjin met ʼn enkel-bonokas en Honda se wêreldberoemde i-VTEC kleptydreëlstelsel. Die kragbron lewer 88kW teen 6 600 r/min en 145Nm teen 4 600r/min.

Daar is twee ratkaste beskikbaar: ʼn sesgang-handrat en Honda se CVT (Continuously Variable Transmission). Die CVT is met skakelspane toegerus sodat bestuurders self ratte kan wissel indien hulle wil.

Wat die BR-V ʼn aantreklike keuse maak, is dat hy standaard met sewe sitplekke kom. In hierdie klas is daar min mededingers met sewe sitplekke. Toyota se Avanza en Chevrolet se Orlando is al waaraan ek nou kan dink.

Mededingende pryse en Honda se verstommende betroubaarheid gaan hierdie ʼn interessante buksie maak.

Die reeks lyk so:

Honda BR-V 1.5 Trend-handratR238 900
Honda BR-V 1.5 Comfort-handratR252 900
Honda BR-V 1.5 Comfort CVTR268 300
Honda BR-V 1.5 Elegance-handratR272 900
Honda BR-V 1.5 Elegance-CVTR288 300

Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/200 000 km-waarborg en 3 jaar AA-padbystand. Comfort- en Elegance-weergawes geniet ʼn 2 jaar/30 000 km-diensplan. Diensintervalle is 15 000 km.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marcel ·

Weet nie so mooi van die agterkant nie, lyk te veel soos die lelike Mobilio wat ek aaneem hy gaan seker vervang. Dan is daai 1.5 bietjie min vir 7 sitplekke, ek ry self die nuwe Ballade 1.5 en hy is genoeg vir hom maar daai ekstra 2 mense gaan jou terug hou. Honda sal definitief ‘n kleiner diesel enjin ook moet kry, soos die 1.5 dci Duster of so iets.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.