Ou, getroue opgeknap vir nog beter waarde

(Foto: Verskaf)

Toyota se Fortuner is eenvoudig die markleier in sy segment as dit kom by verkope. Toyota verkoop die meeste maande naastenby ʼn duisend Fortuners, amper drie keer meer as wat Ford van sy Everest; Isuzu van sy MU-X en Mitsubishi van sy Pajero Sport van die hand kan sit.

Ek dink die rede is heel eenvoudig. Die Fortuner is ʼn gunsteling onder derduisende gesinne, en die waardepakket is pas ʼn bietjie aangepas.

Van die speelgoed wat bygevoeg is lyk só: Dubbelsone klimaatbeheer op 2.8-modelle, PVM (“panoramic view monitor”) op 2.8 VX, ʼn JBL 11-luidspreker-klankstelsel op 2.8 VX en nuwe sleutellose toegang op alle modelle met beter sekuriteit.

Die grootste toevoeging tot die VX-reeks is TSS (“Toyota Safety Sense”). Die stelsel sluit funksies soos blindekolwaarskuwing en agterkruisverkeerwaarskuwing in.

Op die pad is dit lekker om weer tyd met die Fortuner deur te bring. Die 150 kW-weergawe van die 2.8 wat verlede jaar bekendgestel is, bly tops. Ek is gek oor die kalibrasie van die enjin – veral die sinergie met die ratkas.

(Foto: Verskaf)

Ons het al in die verlede lekker met die Fortuner ʼn paar 4×4-hindernisse aangedurf – en sy vermoë is onbetwisbaar. Sy sleepvermoë is nog iets wat hom hoog op baie Suid-Afrikaners se inkopielys sit.

As ʼn algehele pakket bly die Fortuner ʼn wenner. Ek sal stry dat daar iets met die derde ry sitplekke gedoen moet word. Die sitplekke wat so opvou is nie vir my ideaal nie, maar dit is juis wat die spaarwiel toelaat om lekker hoog weg te kruip. Dit verbeter die vertrekhoek wanneer jy ʼn 4×4-roete aandurf. Dalk moet die spaarwiel skuif na die kattebakdeur op die volgende model – soos met ʼn Prado.

Die reeks lyk só:

Toyota Fortuner 2.4 GD-6 handrat110 kW/400 Nm6,8 ℓ/100 kmR605 000
Toyota Fortuner 2.4 GD-6 outo110 kW/400 Nm7,2 ℓ/100 kmR627 600
Toyota Fortuner 2.4 GD-6 4×4 outo110 kW/400 Nm7,6 ℓ/100 kmR658 200
Toyota Fortuner 2.8 GD-6150 kW/500 Nm7,6 ℓ/100 kmR731 600
Toyota Fortuner 2.8 GD-6 VX150 kW/500 Nm7,6 ℓ/100 kmR772 200
Toyota Fortuner 2.8 GD-6 4×4150 kW/500 Nm7,9 ℓ/100 kmR806 000
Toyota Fortuner 2.8 GD-6 4×4 VX150 kW/500 Nm7,9 ℓ/100 kmR845 500

Die reeks word gedek deur ʼn drie jaar/100 000 km-waarborg en diensplan wat nege dienste insluit.

Die mededinging lyk só:

Mitsubishi Pajero Sport 2.4DI-D 4×4 Exceed133 kW/430 Nm8,1 ℓ/100 km3 jaar/100 000 km waarborg

5 jaar/90 000 km diensplan

R739 995
Ford Everest 2.0Bi-Turbo 4WD Limited157 kW/500 Nm7,6 ℓ/100 km4 jaar/120 000 km waarborg

Diensplan opsioneel

R858 600
Isuzu MU-X 3.0TD Onyx 4×4140 kW/450 Nm7,6 ℓ/100 km5 jaar/120 000 km waarborg

5 jaar/90 000 km diensplan

R860 500

Tussen dié mededingers is die Ford amper op pad uit.

Daar sal vroeg volgende jaar ʼn spiksplinternuwe een wees. Die huidige een is wel beslis die luuksste van die groep.

(Foto: Verskaf)

Die Pajero en Fortuner is baie eenders in hul benadering – maar die Mitsubishi se onderdele kan ʼn mens later byt. Die MU-X is die jongste en het ʼn lieflike enjin en ratkas – maar sy gehalte binne stel teleur, en sy prys is gek teenoor dié van die ander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Vonkprop ·

Nou hoekom sit Toyota nou eers hierdie goed in hulle karre? Ander fabrikate doen dit al vir jare en selfs op kleiner goedkoper karretjies. Toyota vang die mense lekker.

krodedil ·

Stem nogal saam. Jy verwag meer van voertuie wat R800 000 plus kos.

Grens ·

Dit is juis van die ander fabrikate wat die glitter goedjies voorhou om hulle motors te verkoop, maar vergeet van betroubaarheid en waarde vir geld. Toyota gee vir jou gemoedsrus met ‘n voertiug wat werk, die ander glitter kan later bykom.

Grens ·

Dit is hoekom hulle nommer een is. Jy sal ook nooit sukkel om een te verkoop, kry die beste waarde terug vir jou geld.

Kerrie ·

Waars die Pajero?

Die Pajero Sport is n eweknie van die Rav4.

krodedil ·

Plaas Toyota eerder aandag gee aan die oil verbruik op hulle engins voordat hulle weer nuwe opgraderings doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.