Padtoets: Sportnuts nou hoogs gewild

Die nuwe Kia Sportage (Foto: Kia)

Toe ek grootgeword het, was daar bakkies, luikrugmotors en sedans. Hier en daar het jy ʼn Land Rover gesien – maar dit was geharde 4×4’s, nes die Land Cruisers. Toe begin ons dinge soos Nissan se Sani en Isuzu se Trooper sien. ʼn Meer bruikbare sportnutsvoertuig vir alledaagse gebruik. Min het ons geweet dat dit 30 jaar later só sou verander dat daar baie meer sportnutse as sedans verkoop word.

Een van die rakkers is Kia se Sportage. Toe die nuutste Sportage aanvanklik bekend gestel is, het ek gewonder hoe die voertuig só duur kan wees!? Die reeksleiers in die segment draai almal skrikwekkend naby aan die R600 000-perk. Sjoe. Die Honda CR-V 1.5T Exclusive AWD is R626 000! Dit is darem ʼn vrag vol geld vir wat tóg net ʼn 5-sitplek-motor is met vierwielaandrywing en beter grondvryhoogte. Of is dit?

Ja, en nee. ʼn Sportnutsvoertuig het egter nie veel meer kattebakspasie as ʼn sedan nie, maar wel meer as ʼn luikrug. Die binneruim in ʼn mediumgrootte sportnuts voel groter as ʼn sedan of luikrug, al is die onderstel nie regtig enigsins groter nie. Daar is al reuse-ontwikkeling in die onderstelle en veral die veringstelsels van sportnutsvoertuie sodat hulle beter padhouvermoë het en baie minder bakrol as ouer voertuie. Die duurstes in dié segment het ook almal vierwielaandrywing en beter grondvryhoogte, so hulle sal meer kan aandurf as wat baie mense verwag.

Die nuwe Kia Sportage (Foto: Kia)

Maar – met die topmodelle wat so duur is, word daar ʼn gaping in die segment gelaat. En dit is waar die einste Kia Sportage 2.0 Ignite Plus Outo inkom. Hier het ons baie van die voordele van ʼn mediumgrootte sportnuts, behalwe die skrikwekkende prys. Ja, dit het nie die nuwe 1.6-viersilinderturbopetrolenjin of vierwielaandrywing nie, maar 90% van die mense wat sportnutsvoertuie besit, ry geensins grondpad óf jaag van verkeerslig tot verkeerslig nie. Hulle soek net ʼn voertuig met beter grondvryhoogte, ʼn hoër bestuursposisie en goeie sigbaarheid. Dié kopers sal nie weet wat ʼn klep of ʼn silinder is nie. Hulle gee ook nie om nie. Ry dit lekker? Waar gooi ek die brandstof in? Mooi.

Die toevoeging tot die reeks is perfek vir daai kopers. Die 2.0-viersilinderpetrolenjin is heeltemal goed genoeg vir die meeste kopers. Hy bied 114 kW en 192 Nm. Hy sal maklik 8.1 ℓ/100 km handhaaf op die oop pad en indien jy wou, sal hy 180 km/h haal. Die 6-spoed- outomatiese ratkas wissel glad tussen die ratte en solank jy rustig ry, weet jy nie van hom nie. Indien jy haastig raak en die Sportage begin aanjaag, dan is die ratkas geneig om tussen die ratte rond te spring – maar dit is regtig net in uiterste gevalle.

Iets wat mens moet opmerk, is dat die Sportage se binneruim regtig by die bestes kan kers vashou. Die bougehalte is puik en die materiale wat gebruik word, is van ʼn baie goeie gehalte. Die sitplekke en stuurwiel kan perfek stel sodat enige grootte en vorm mens vinnig gemaklik laat raak. Die spesifikasievlak beïndruk met LED-dagligte, outomatiese ligte, parkeerhulp, Bluetooth, multifunksie-stuurwiel, misligte, 17″-sierwiele en ʼn selfverduisterende truspieëltjie.

Wat die beste van alles is – hy kos minder as R400 000 … net-net, maar darem wel.

Die reeks lyk só:

Sportage 2.0 Ignite7.9 ℓ/100 km114 kW/192 NmR369 995
Sportage 2.0 Ignite PLUS7.9 ℓ/100 km114 kW/192 NmR376 995
Sportage 2.0 Ignite Outo8.1 ℓ/100 km114 kW/192 NmR382 995
Sportage 2.0 Ignite PLUS Outo8.1 ℓ/100 km114 kW/192 NmR389 995
Sportage 1.7 CRDi Ignite Plus4.9 ℓ/100 km85 kW/ 280 NmR406 995
Sportage 2.0 EX8.1 ℓ/100 km114 kW/192 NmR429 995
Sportage 2.0 EX PLUS8.1 ℓ/100 km114 kW/192 NmR459 995
Sportage 2.0 CRDi EX6.8 ℓ/100 km130 kW/400 NmR487 995
Sportage 2.0 CRDi EX PLUS6.8 ℓ/100 km130 kW/400 NmR517 995
Sportage 2.4 GDi SX AWD8.5 ℓ/100 km135 kW/237 NmR557 995
Sportage 2.0 CRDi SX AWD6.8 ℓ/100 km130 kW/400 NmR567 995
Sportage 1.6T GT-Line AWD7.5 ℓ/100 km130 kW/265 NmR599 995

Die reeks word gedek deur ʼn 5 jaar/90 000 km-diensplan en Kia se markleidende 5 jaar/onbeperkte km-waarborg.

Die kompetisie lyk só:

Nissan X-trail 2.0 Visia106 kW/200 Nm8.3 ℓ/100 km6 jaar/150 000 km-waarborg

3 jaar/90 000 km-diensplan

R371 500
Ford Kuga 1.5T Ambiente outo132 kW/240 Nm6.9 ℓ/100 km4 jaar/120 000 km-waarborg

4 jaar/80 000 km-diensplan

R381 900
Toyota Rav4 2.0 GX Outo107 kW/187 Nm7.4 ℓ/100 km3 jaar/100 000 km-waarborg

5 jaar/90 000 km-diensplan

R391 100
Mazda CX-5 2.0 Active outo121 kW/210 Nm6.8 ℓ/100 km3 jaar/onbeperkte km-waarborg

3 jaar/onbeperkte km-diensplan

R394 700
Hyundai Tucson 2.0 Premium outo115 kW/196 Nm9.0 ℓ/100 km5 jaar/150 000 km-voertuigwaarborg

7 jaar/200 000 km-dryfstelselwaarborg

5 jaar/90 000 km-diensplan

R399 900
Peugeot 3008 1.6T Active121 kW/240 Nm7.0 ℓ/100 km3 jaar/100 000 km-waarborg

4 jaar/60 000 km-diensplan

R414 900
Honda CR-V 2.0 Comfort113 kW/189 Nm7.3 ℓ/100 km5 jaar/200 000 km-waarborg

5 jaar/90 000 km-diensplan

R422 900
Subaru Forester 2.5X126 kW/235 Nm8.1 ℓ/100 km5 jaar/150 000 km-waarborg

3 jaar/75 000 km-  omvattende instandhoudingsplan

R435 000
Suzuki Grand Vitara 2.4 Summit Outo122 kW/225 Nm9.9 ℓ/100 km3 jaar/100 000 km-waarborg

6 jaar/90 000 km-diensplan

R472 900
Volkswagen Tiguan 1.4 TSI Comfortline DSG110 kW/250 Nm6.1 ℓ/100 km3 jaar/120 000 km-waarborg

5 jaar/90 000 km-diensplan

R489 900

Tussen die mededingers moet ons egter onthou dat die goedkoopste, die X-trail, nie ʼn outomatiese ratkas het nie. Die Ford, Peugeot en Volkswagen is die enigstes met turboaangejaagde enjins. Die Suzuki Grand Vitara is die enigste mediumgrootte sportnutsvoertuig met ʼn laestrek-ratkas. Ons ry binnekort met die nuwe Kuga; ek sien uit, want dit lyk regtig soos ʼn winskoop. Nie een van die produkte tussen die mededingers hoort nié daar nie; dit sal heeltemal op smaak gegrond moet word, maar moet beslis nie die Kia miskyk nie.

Die Kia Rio. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vraagteken ·

Sjoe, maar dis darm hartseer om te sien dat mense bereid is om R600 000.00 vir ‘n 1.6 te betaal. Jy moet letterlik MAL wees. Gaan koop eerder ‘n Lexus LX570 tweedehands. Ja, hy gaan dalk ouer wees maar hy sal langer hou, is vinniger, is beter afgewerk en beste van als – hy’t ‘n V8! :):):)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.