Pap battery? Kry jou motor só weer aan die gang

(Foto: Pixabay)

Tydens vlak vyf en vier van die nasionale staat van inperking het baie van ons motors lank stilgestaan, wat die battery kon laat pap raak. Tydens vlak drie kan baie mense weer gaan werk en moet ma’s en pa’s hul kinders by die skool gaan aflaai.

Hier is raad om jou motor weer aan die gang te kry as sy battery dalk pap geraak het.

In ʼn onlangse studie deur Auto & General Insurance het 52% van deelnemers aangedui dat hulle hul karre aan die brand moes stoot omdat die battery pap was. Altesaam 27% van deelnemers het gesê hulle het hul motors gereeld aangeskakel om te voorkom dat die battery afloop.

Hoe om te weet of jou battery pap is:

  • dowwe ligte
  • enjin draai stadig
  • battery se waarskuwingsliggie brand
  • motor wil glad nie aanskakel nie

Kry jou kar só weer aan die gang

  1. Parkeer ʼn motor met ʼn sterk battery naby genoeg aan die een met die pap battery sodat die kabel by albei kan uitkom, maar maak seker die motors raak nie aan mekaar nie. Skakel die kar met die sterk battery af.
  2. Konnekteer die positiewe (rooi of geel) kabel aan die positiewe (+) terminaal van die kar met die pap battery. Koppel die ander punte van die kabel aan die positiewe terminaal van die kar met die sterk battery.
  3. Koppel die negatiewe (swart) kabel aan die negatiewe (-) terminaal van die kar met die vol battery. Koppel die ander punt van die negatiewe kabel aan enige skoon metaal gedeelte van die kar met die pap battery se enjin. Dit is belangrik om nie die positiewe en negatiewe terminale met mekaar te verwar of aan mekaar te koppel nie, want dit kan daartoe lei dat jou battery ontplof.
  1. Skakel die enjin van die kar met die sterk battery aan en los dit aan vir sowat 5 minute voordat jy probeer om die ander kar aan te skakel. As dit daarna nie aanskakel nie, maak seker die kabels is vas en waar dit moet wees. As dit aanskakel, laat dit vir so 15 tot 20 minute loop.
  2. Ontkoppel die kabels in die teenoorgestelde volgorde as wat jy dit gekoppel het – eers die negatiewe kabel van die kar met ʼn pap battery, dan die negatiewe kabel van die kar met die sterk battery, dan die positiewe kabel van die kar met die sterk battery en dan die positiewe kabel van die kar met die pap battery.
  3. Maak gedurende die hele proses seker dat die kabels se klampe nie aan mekaar raak of aan enige ander dele van die enjin wat nie hierbo genoem is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pierre ·

Daardie “dit is belangrik” gedeelte is ek nie mee by nie. Ek doen dit JUIS. Al meer as 40 jaar. Selfs elke “mechanic” wat ek ken doen dit só. Is ons almal bietjie agter of wat? O ja – my battery het nog nooit ontplof.

Marthinus ·

Ek stem. Die negatiewe pool van die battery is in elk geval aan die bakwerk verbind. Ek doen dit ook soos jy Pierre en het nog nooit ‘n battery gehad wat ontplof het nie.

koos10 ·

Ek het ‘n trok battery in my gesig laat ontplof. Gelukkig was ek okay, maar die battery was in flarde.
Dit het gebeur want die battery skei waterstof (?) of een of ander gas af wat hoogs ontvlambaar is as dit gelaai word. Ek het net die kabel los gemaak en die vonk was genoeg gewees. Ek is tot vandag nog dankbaar vir die werkers daar naby wat karre gewas het en my kom natspuit het. So ja, die kabels aan mekaar raak sorg vir groot vonke en dit kan met nagevolge wees. So die aksie is “skadeloos” maar die reaksie in my geval het my amper baie duur gekos.

Tienie ·

Ek sal nou maar soos vandag se jeug skryf.

LOL

Scalla. Eersteprys vir jou : )

Wielspore ·

Ek sal nie ‘n moderne voertuig jumpstart, daar kan te veel skade voorkom aan elektroniese toerusting wat duur is om te vervang.

Lukas ·

Wat gebeur presies wanneer jy jumpstart met betrekking tot die elektronika

Tienie ·

Vandag is daar “slim battery laaiers” op die mark.

Nogal duuuuur maar die moeite werd om een te hê.

As jy een aanskaf maak net seker jy lees die instruksies en doen volgens voorskrif.

capie ·

Ek neem aan dit is vir die ou loodsuur batterye, die prosedure. Loodsuur batterye is deesdae baie moeilik om in die hande te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.