Perdekrag: Dis weer bakkie-oorlog!

In dié episode van Perdekrag vat ons Volkswagen se splinternuwe 190 kW V6 Amarok na Rhino Park naby Bronkhorstspruit om te sien of hy ʼn les geleer kan word deur Ford se Ranger Raptor.

Al kos die twee voertuie amper dieselfde, is een met ʼn paar naelloopskoene toegerus en die ander bergklimstewels. Om vir elke bakkie die beste kans te gee, word daar ʼn pylvakren op teer gehou én word ʼn paar hindernisse geklim om te bepaal hoe staan sake.

In die nuus word daar gesels oor die verskeie toetsmotors wat onlangs op die proef gestel is.

Kom kyk saam:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

MakersMark ·

Sal nie een van die twee ry nie al kry ek dit verniet.

VaalDonkie ·

Nee ek sou nou nie so ver gaan nie. My enigste probleem met VW en Ford is dat die goed baie breek. As ek hom verniet kry en hopelik ‘n waarborg by, dan sal ek hom ry tot daai waarborg verval. En dan inruil vir ‘n Hilux.

MakersMark ·

Ok Vale ek stem saam ek was te radikaal…jou plan klink net reg.

VaalDonkie ·

Ek probeer ook maar net die beste in elke situasie sien

Rayman ·

Gelukkig rol nie een van daai twee trokkies nie as hul ń stukkie los grond op die pad kry nie soos ń toyota nie

VaalDonkie ·

Ag jitte. Die ouens wat daai bakkies koop dink die paaie behoort aan hulle. Hulle sal altyd hier op my alie kom ry as ons langpad ry. Want blykbaar mag mens 160km/h+ ry as jy in ‘n bakkie is.

Maar wat hulle nie verstaan nie, is dat my Subaru Forester nog altyd vinniger as hulle bakkies is. En hulle laaik dit net mooi NIKS. Dis lekker om te sien hoe dik daai bekke raak soos hulle kleiner en kleiner in my truspieeltjie raak. want sien, my kar is basies ‘n WRX STI, en hulle s’n is ‘n groot baksteen met ‘n V6.

SjN ·

Die verskil tussen die 2 is dat die Amakrok se enjin gewoonlik groet op 100 000 km en die Ford is n kanniedood.

andre ·

n Wedloop op n tydrentrajek van so 50km sal interessant wees.Die VW is vir my die teerpadkoning en die Ford die grondpadkoning.Altwee het n plek is die mark

VaalDonkie ·

Toyota bly maar die beste bakkie vervaardiger, gevolg (op ‘n afstand) deur Isuzu en dan die res.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.