Porsche hou ’n sessilinderfees

Porsche Cayman GT4 (Foto: Verskaf)

Dit is geen geheim dat ek ʼn Porsche-liefhebber is nie. Ek was nou al bevoorreg om die 718 Boxter en Cayman te ry, ʼn 911 GTS, ʼn 911 Carrera S, Macan, Macan Turbo, Cayenne, Cayenne S, Cayenne Turbo en Cayenne S Coupé. O, en ʼn Panamera S, Panamera Turbo en Panamera S Sport Turismo. Sjoe, dis amper almal…

Ek het ongelukkig nog nie ʼn GT Porsche gery nie. Maar ek glo ons sal binnekort ʼn beurt kry in een van my gunstelinge, die Cayman GT4. Wat dié spesifieke kar so spesiaal maak, is die terugkeer van die plat- of eerder bokser-sessilinderenjin na die Cayman. Ek het om Kyalami gejaag met ʼn 718 Cayman GTS wat die bokser-viersilinderenjin en ʼn fantastiese PDK-ratkas gehad het, maar die kenners het gesê, “al wat kort is die sessilinderklankbaan”.

Porsche Cayman GTS binneruim (Foto: Verskaf)

Hier het ek met die viersilinder-GTS om Kyalami agter ʼn Porsche Experience bestuursinstrukteur gejaag: https://youtu.be/vJ5IJpv3DnM

Gelukkig is dit nie net die GT4 wat die sessilinder kry nie; die GTS kry hom ook.

Die reeks gaan nou só lyk:

Porsche 718 Cayman220 kW/380 Nm5.1 sek275 km/h7,4 ℓ/100 kmR957 000
Porsche 718 Boxster220 kW/380 Nm5.1 sek275 km/h7,4 ℓ/100 kmR968 000
Porsche 718 Cayman S257 kW/420 Nm4.6 sek285 km/h8,1 ℓ/100 kmR1 169 000
Porsche 718 Boxster S257 kW/420 Nm4.6 sek285 km/h8,1 ℓ/100 kmR1 180 000
Porsche 718 Cayman GTS 4.0294 kW/420 Nm4.5 sek293 km/h10,8 ℓ/100 kmR1 164 000
Porsche 718 Boxster GTS 4.0294 kW/420 Nm4.5 sek293 km/h10,8 ℓ/100 kmR1 175 000
Porsche Cayman GT4309 kW/420 Nm4.4 sek304 km/h10,9 ℓ/100 kmR1 468 000
Porsche 718 Spyder309 kW/420 Nm4.4 sek301 km/h10,9 ℓ/100 kmR1 393 000

Ons behoort teen die middel van die jaar iewers ʼn beurt met ʼn GT4 te kry. Dit sal ook die eerste GT Porsche en eerste handrat-Porsche wees waarmee ek ry. Ek kan nie wag nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.