Porsche stuur opleidingsprojek van stapel in SA

Jongmense sal opgelei word deur die projek (Foto: Porsche)

Jongmense sal opgelei word deur die projek (Foto: Porsche)

Drie rolspelers het onlangs tydens ʼn perskonferensie by die Porsche-sentrum in Fourways, Johannesburg, ʼn memorandum van verstandhouding onderteken om ʼn projek in Suid-Afrika op die been te bring om vir mense uit voorheen benadeelde omstandighede werkgeleenthede te skep by Porsche of elders in die Volkswagen-groep.

Porsche AG, Don Bosco Mondo e.V. saam met Don Bosco Salesian Institute Youth Projects (SIYP) in Kaapstad en LSM Distributors, die invoerder van Porsche-voertuie in Suid-Afrika, is betrokke by dié projek.

Porsche het besluit om die projek uit te brei vanweë die sukses daarvan in Manila in die Filippyne waar jong agtergeblewenes daarby baat vind om deel te word van die program. Die Porsche Training and Recruitment Centre Asia in Manila het reeds 200 mans en vroue in diens geneem. Sodra hulle die kursus voltooi, is daar ʼn moontlikheid van indiensneming by Porsche, Volkswagen of Audi.

Toby Venter, eienaar en uitvoerende hoof van LSM Distributors, is vol vertroue dat die benadering wat hier toegepas word die regte vrugte sal dra. “’n Grondige onderwys is die sleutel vir sukses,” sê hy.

Dr. Oliver Blume, voorsitter van Porsche AG (Foto: Porsche)

Dr. Oliver Blume, voorsitter van Porsche AG (Foto: Porsche)

Venter meen dit is deur goeie opleiding en harde werk dat Porsche Suid-Afrika van 27 eenhede in 1995 tot ʼn indrukwekkende 1 400 eenhede wat tot dusver in 2016 verkoop is, gevorder het. Hierdie voertuie kort ná-verkoopdiens en dit is waarom LSM Distributors in hierdie projek belê.

Porsche meen dit wat hulle nou in die jeug belê vrugte sal dra in die toekoms.

Die projek sal wyd bemark word en jong mense uit voorheen benadeelde omstandighede wat belangstel kan aansoek doen om deel te wees van die opleidingsprogram. Soveel as 75 jong mense kan vir dié program ingeneem word. Indien ʼn aansoeker gekwalifiseerd is vir beroepsopleiding kan hy of sy direk toegang kry tot die megatroniese diensopleidingsprogram van twee jaar.

Aansoekers wat nie die verlangde kwalifikasies het vir beroepsopleiding nie kan ʼn lewensvaardighede opleidingsprogram van ses tot agt weke ondergaan by Don Bosco Salesian Institute Youth Projects.

Indien ʼn aansoeker ʼn gebrek aan basiese vaardighede het, sal hy of sy die geleentheid gebied word om ʼn jaar lange beroepsopleiding voorbereidingskursus te doen om voor berei te word vir die werksomgewing. Hierdie opsie is beskikbaar vir tot 50 mense per jaar en sal hulle die geleentheid gee om beduidende vordering te maak in hul persoonlike ontwikkeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

hans ·

Al deur wie hulle benadeel is is deur hulle eie vraatsugte president,let wel hulle is onder 22 jaar oud.

Hermann ·

Nou vra ek ook maar net – is die wit kinders wat in die wit plakkers kampe woon ook deel van hierdie “benadeelde” jeug ?????

Hendrik ·

Ek wou ‘n Porsche koop maar sal nou maar my Nissan hou! Nee wat Mnet het dieselfde gedoen om teen ons wit jongmense te diskrimineer en as dit nie was vir Afriforum dat hulle in die hof aangevat het nie sou Mnet hul besluit deurgevoer het. Hoeveel van ons mense boikot sulke instansies wat teen ons diskrimineer. Bittermin. Hierdie diskriminasie sal net ophou as ons ons rug reguit maak en protes aanteken

Riana ·

Ja nee , daar is net soveel minder bevoorregte wit kinders in ons land , waar is hulle geleenthede . HUlle kry nie alles verniet nie en brand niks af nie hulle is bereid om hard te werk.
Ons het geleer om te werk vir wat jy wil he, en nie jou handjies gehou met dit dat dit jou reg is om te onvang nie . Ek is so moeg on te hoor die minder bevoorregtes hoelank is dit al nie meer apartheid nie en hulle gebruik nof steed dieselfde afgewaterde storie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.