Program vir kykNET Buite Ekspo tot barstens toe vol

4×4-aktiwiteite by die kykNET Buite Ekspo. (Foto: verskaf)

Kampeerdery, kuier en kinderlike pret wag vir besoekers by vanjaar se kykNET Buite Ekspo.

Die program vir dié unieke geleentheid beloof om te sorg vir hoë adrenalienvlakke, vol mae en uitmuntende uitstallings van die nuutste kampeertoerusting, woonwaens én 4×4-produkte wat tans op die mark beskikbaar is.

Die ekspo word van 25 tot 27 Maart by Môreson-plaas net buite Malmesbury in die Wes-Kaap in ʼn veilige plaasatmosfeer aangebied en alle uitstallings word aangebied soos wat dit werklik deur die koper gebruik sal word.

 ekspo-gen-afr-2022-19-1.jpgAvontuurlustiges kan onder meer uitsien na helikopter- en 4×4-ritte, kunssinniges kan sorgloos deur die snuffelmark stap en die kinders kan van hul energie ontslae raak by die pretpark.

Dagbesoekers is welkom, maar diegene wat die hele naweek op die terrein wil uitspan, kan kampeer of selfs ʼn luukse glamping-ervaring daarvan maak. Alle Covid-19-maatreëls sal streng nagekom word.

Om teleurstelling te voorkom, bespreek nou jou kampeerplek deur ʼn e-pos na [email protected] te stuur. Glamping-besprekings kan aan [email protected] gestuur word.

 

Dagbesoekers word aangemoedig om kaartjies aanlyn te bespreek, maar daar sal ook ʼn bepaalde aantal kaartjies by die hekke beskikbaar wees. Kaartjies is by Ticketmaster.co.za beskikbaar wees. Besoek www.ekspo.co.za vir meer inligting. Rig enige navrae aan Tersia by [email protected].

Sien die volledige program vir dié geleentheid hier:

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.