SA se Motor van die Jaar is…

Die Jaguar I-PACE. Foto: Verskaf

Die Jaguar I-PACE EV400 AWD SE is as Suid-Afrika se Motor van die Jaar vir 2020 aangewys.

Tydens ʼn regstreekse uitsending op verskeie sosialemediaportale het die I-PACE 13 ander mededingers uitgestof om met die louere van AutoTrader se Motor van die Jaar vir 2020 weg te ry. Die Mercedes-Benz GLE400d 4Matic moes met die tweede plek tevrede wees en die Toyota GR Supra was derde.

Die 14 finaliste wat vroeër aangewys is, is deur ʼn uitdagende tweedaagse toetsronde gesit by die Zwartkops-renbaan. ʼn Paneel van 25 van die Suid-Afrikaanse Gilde vir Motorjoernaliste se lede het elke faset van die voertuie met ʼn fynkam deurgegaan en geëvalueer.

Die 14 finaliste is gekies deur lede van die SAGMJ uit ʼn moontlike 48 voertuie wat in die jaar vrygestel is.

Die kategoriewenners is:

Ontspanning: Volkswagen T-Cross

Die VW T-Cross. Foto: Verskaf

Luukse sportnuts: Mercedes-Benz GLE

Mercedes-Benz GLE 400d. Foto: Verskaf

Stad: Hyundai Atos

Hyundai Atos. (Foto: Verskaf)

Gesin: Toyota Corolla Hatch

Die Toyota Corolla Hatch. Foto: Verskaf

Luukse motor: Jaguar I-PACE

Die Jaguar I-PACE. Foto: Verskaf

Sport: Toyota GR Supra

Die Toyota GR Supra. (Foto: Verskaf)

Leefstyl: Ford Ranger Raptor

Ford Ranger Raptor. Foto: Verskaf

Die finaliste was:

Ontspanning:

Peugeot 5008

Toyota Rav4

Citroën C3 Aircross

Volkswagen T-Cross

Luukse sportnuts:

BMW X5

Jaguar I-PACE

Mercedes-Benz GLE

Stad:

Hyundai Atos

Suzuki Swift Sport

Gesin:

Toyota Corolla

Mazda 3

Luukse motor:

BMW 3 Series

Sport:

Toyota GR Supra

Leefstyl:

Ford Ranger Raptor

Vorige jare se wenners lyk só:

2019Mercedes-Benz A-klas
2018Porsche Panamera
2017Opel Astra
2016Volvo XC90
2015Porsche Macan S Diesel
2014Porsche Cayman S
2013Porsche Boxster
2012Hyundai Elantra 1.8 GLS
2011VW Polo 1.6 TDI & BMW 530d
2010VW Golf VI 1.4 TSI Comfortline
2009Honda Accord 2.4i Executive
2008Mazda 2 Individual
2007Honda Civic 1.8 VXi
2006Audi A3 Sportback 2.0T FSI
2005Volvo S40
2004Renault Mégane 1.9 dCi
2003VW Polo 1.4 TDI
2002Audi A4 1.9 TDI
2001BMW 320d
2000Renault Clio 1.4 RT
1999Alfa Romeo 156 T-Spark
1998Ford Fiesta Fun
1997BMW 528i
1996Audi A4 1.8
1995Opel Astra 160iS
1994Opel Kadett 140
1993BMW 316i
1992Nissan Maxima 300 SE
1991Opel Monza 160 GSi
1990BMW 525i
1989Toyota Corolla GLi Executive
1988BMW 735i
1987Mercedes-Benz 260
1986Toyota Corolla Twin Cam

Die suksesvolste handelsmerk in die kompetisie se geskiedenis is BMW met ses wenners, dan Opel en Porsche met vier en twee handelsmerke uit een groep in derde plek, elkeen met drie – VW en Audi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.