Simola-heuwelren goed op dreef

Rui Campos (Foto: Rob Till )

Vrydag was dit Classic Conqueror teen die bult op by die Simola-heuwelren. Die dag was ongelukkig nie sonder uitdagings nie. Nog voor die aksie kon afskop is twee van die top mededingers, Franco Scribante en Peter Jenkins met hul Chevron B19’s, gediskwalifiseer omdat hul voertuie nie aan nuwe regulasies voldoen nie. ʼn Derde ou hand is in die eerste oefensessie uit die kompetisie gehaal toe Richard Evans se Corvette agter in Andre Bezuidenhout se Lola Cosworth vasgery het. Ongelukkig is die voertuig gebuig en kan nie betyds herstel word nie.

Tussen die veteraanmotors het Josh Dovey in die derde plek geëindig met sy 1972 Chevron Lotus B20 F3, in die tweede plek is Rui Campos met sy 1974 Porsche 911 RSR – indrukwekkend om ‘n sportmotor tussen die oopwielrenmotors te sien. Die wenner van Classic Car Friday is Ian Schofield met sy 1977 March 77B Formula Atlantic oopwiel renmotor.

Ian Schofield (Foto: Rob Till )

Die top-10 lyk só:

  1. Ian Schofield – 1977 March 77B Formula Atlantic
  2. Rui Campos – 1974 Porsche 911 RSR
  3. Josh Dovey – 1972 Chevron Lotus B20 F3
  4. Robert Wolk – Lola FF T200
  5. Johan de Bruyn – Porsche 911R
  6. James Temple – 1965 Shelby Daytona Coupé
  7. Charles Arton – 1972 Datsun 240Z
  8. Clive Corder – 1969 Lola T70 Mk 3B
  9. Trevor Tuck – 1974 Alfa Romeo Giulia 2000 Rally
  10. Kobus Brits – 1967 Porsche 911R

ʼn Spesiale toekenning vir besonderse oog vir fyn detail, noukeurige voorbereiding en puik prestasie is die Spirit of Dave Charlton-toekenning. Vanjaar is dié toekenning vir ʼn veteraan in die motorbedryf gegee. Peter Lindenberg het in 2021 afgetree en twee hoofstukke afgesluit: sy renmotorloopbaan en sy kragbootloopbaan.

Die King of the Hill-element van die kompetisie begin Saterdag. Toeskouers sal pasgemaakte heuwelrenmotors teen die bult sien opvlieg. In 2021 is ʼn nuwe rekord gestel deur Andre Bezuidenhout in sy Gould GR55- enkelsitplek-renmotor. Hy het in ʼn verstommende 34.965 sekondes die 1,9 km teen ʼn gemiddelde spoed van 195.624 km/h afgelê.

Volg die pret aanlyn by http://www.simolahillclimb.com/ of http://www.facebook.com/SimolaHillclimb/  of op die kassie op die volgende kanale:

Saterdag 7 Mei – 14:15 tot 15:00 – regstreeks (Sports Arena S3)
Sondag 8 Mei – 14:15 tot 14:55 – regstreeks (Sports Arena S3)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.