’n Ondersoek het aan die lig gebring dat die materiaal waaruit die limpet se tande bestaan, sterker is as enige ander natuurlike of mensgemaakte materiaal, waaronder die sydrade van ’n spinnekopweb, titanium en kevlar.
Die tande kom aan ’n lang, rasperagtige tong voor waarmee die slak kos van rotswande afskraap.
Kevlar word dikwels vir koeëlvaste baadjies gebruik.
Die breekkrag van die tande het geblyk 6,5 gigapascals te wees, teenoor die breekkrag spinnekopsy se 4 tot 5, en kevlar tussen 3 en 3,5.
Die sterk, maar ligte materiale speel ’n groot rol in die ruimtevaartkunde. Dit kan egter ook gebruik word om motors ligter en sterker te maak, en so vinniger te maak.
Die navorsing wat deur die Universiteit van Portsmouth in Engeland gedoen is, is egter nog net die begin. Oor die volgende vyf tot ten jaar sal uitgepluis moet word om die materiaal sinteties te vervaardig.
Die volledige artikel in die National Geographic kan hier gelees word, en die artikel in die Christian Science Monitor hier
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Ag tog, die regering moet net nie hiervan hoor ander vreet hulle die laaste vleis van die been af!
So moet elke dier boet met hulle lewens vir menslike gewin. Van die grootste olifant tot nou die arme seeslak. Hierdie spul mense wat hul besig hou met die uitroei van diere sal nog moet antwoord sodra hulle by die hekke van die hel opdaag.
Die Afrikaans vir “limpet” is klipmossel.
Ag nee jitte, dis alles goed en wel, maar wie wil nou NOG vinniger motors hê? Die jaagduiwels veroorsaak alreeds soveel kopsere! Ek is VIR die positiewe goed wat dit bied ja, maar teen bv vinniger motors wat dit ten gevolg kan hê. Maar nou-ja, dankie vir ‘n interessante artikel – navorsing interesseer my in elk geval altyd.