Só lyk nuwe Mazda BT-50 se prys

Maroela het onlangs berig oor die splinternuwe BT-50 bakkie en Mazda Suid-Afrika het uiteindelik hul voorraad ontvang wat beteken die nuwe bakkies is nou by handelaars beskikbaar.

Pryse:

Mazda BT-50 1.9 Active handrat 4×2R611 900
Mazda BT-50 1.9 Active outo 4×2R647 900
Mazda BT-50 3.0 Dynamic outo 4×2R759 400
Mazda BT-50 3.0 Individual outo 4×4R794 400

Vir diegene wat baie ry is Mazda se diensplan en waarborg voorwaar puik. Die BT-50 word gedek deur ‘n 3 jaar/onbeperkte km-diensplan, waarborg en padbystand.

Dié weergawe van die Mazda BT-50 is op Isuzu se volgende D-Max geskoei. Die bakkie lyk voorwaar mooi en het indrukwekkende spesifikasievlakke. Ongelukkig lyk daai pryse effens wild.

Die bakkie-oorlog woed vuurwarm op die oomblik, en as ons die grootste rolspelers vergelyk, lyk dit só:

GWM P-Series 2.0TD LT 4×4 outoR554 900
Mitsubishi Triton 2.4DI-D 4×4 outoR654 995
Isuzu D-Max 3.0TD 4×4 LX outoR728 200
Nissan Navara 2.0DDTi PRO-4X 4×4 outoR740 000
Volkswagen Amarok 2.0BiTDI Highline 4MotionR777 300
Toyota Hilux 2.8GD-6 Legend 4×4 outoR788 700
Ford Ranger 2.0Bi-Turbo 4×4 Wildtrak outoR797 500

Tussen dié mededingers prys die topmodel in die BT-50 aanbieding tussen die Hilux en Ranger. Ek dink dit is effens optimisties – maar ek het nog nie met die bakkie gery nie. Ons sal binnekort ons beurt kry, en dan ʼn in-diepte resensie doen oor die nuwe Mazda BT-50.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Harley Davidson ·

Net die 3 jaar onbeperkte km waarborg se alles maar die prys is bietjie rof.

andre ·

Mazda s se diensplanne en waarborg sal net by mense wat baie ry in n kort tydperk byval vind.Hulle sal nie baie verkoop nie, al is dit n goeie produk

koos10 ·

Presies. Mazda prys hulself uit die mark uit. Kopers in die klas koop of Toyota of Ford.
Ander koop chinese bakkies en spaar R200k.

Carina ·

Kan ons net die bakkie van agter af ook sien, want Mazda se bakkies was nog lag-lag die lelikste bakkies op die mark. Kan nie glo dat dit uit dieselfde fabriek as Ford kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.