Tesla herroep 123 000 van sy gewilde Model S-voertuie weens probleme met die kragstuurmeganisme.
Die vervaardiger van elektriese motors het Donderdag ʼn e-pos na klante uitgestuur. Dié vrywillige herroeping is die grootste ooit deur die miljardêr Elon Musk se maatskappy en beïnvloed modelle van die luukse sedan wat voor April 2016 gebou is.
Tesla het bevind dat die kragstuurskroewe in kouer toestande uitermatig verroes en die stuur van die motor bemoeilik.
Daar is geen veiligheidsrisiko nie en klante sal steeds hul motors kan bestuur, het Tesla benadruk. Daar is ook nog nie enige ongelukke of beserings aangemeld wat met die fout verband hou nie.
Tesla se aandeelprys het Dinsdag skerp gedaal nadat die Amerikaanse regering aangekondig het hy ondersoek ʼn noodlottige ongeluk verlede week waar ʼn Model X-sportnutsvoertuig betrokke was. Die motor het die middelmannetjie van ʼn pad in Mountain View, Kalifornië getref en omgeslaan voor aankomende voertuie dit getref het. Die manlike bestuurder het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Der-duisende ongelukke vind elke dag plaas maar Tesla word ondersoek. Baie ironies van n olie magnaat regering.