Toyota begin koers verander

Die Toyota Corolla XS- hibried.

Hibridiese tegnologie is nie vir Toyota ʼn nuutjie nie, dink maar aan produkte soos die Prius. Daar sal egter binnekort ʼn eg Suid-Afrikaanse Toyota met ʼn hibridiese dryfstelsel wees.

Die Toyota Corolla Cross gaan eersdaags in Suid-Afrika beskikbaar wees. Hy word hier in die Prospecton-aanleg in KwaZulu-Natal vervaardig. Dit is die eerste keer dat hibridiese dryfstelsels in dié fabriek geïnstalleer sal word.

Om Toyota se voetspoor verder in die “nuwe-energie”-segment vas te lê, het hy pas twee bykomende hibridiese modelle bekendgestel, en ons gaan oor die volgende ses weke ʼn Rav4-hibried baie beter leer ken. Die ander model is ʼn Corolla-sedan.

Dié besluit is geneem om Toyota in staat te stel om teen 2050 sy teiken te haal om koolstofneutraal te wees. Dit beteken daar word net soveel kweekhuisgasse vrygestel as wat dit geabsorbeer of verhoed word.

Die twee nuwelinge lyk só:

Toyota Corolla XS- hibried90 kW/142 +e Nm3.5 l/100 kmR419 900
Toyota Rav4 GX- hibried160 kW/221 +e Nm4.7 l/100 kmR555 300

Die twee modelle is intreespesifikasie-modelle. Toyota het dit met opset só gedoen om hibridiese tegnologie aan die intreesegment van die mark bekend te stel, en nie nét vir duurder nismarkte nie. Dit is in dié segment waar Toyota die grootste geleentheid het om “nuwe-energie”-tegnologie aan die massas te bring.

Ek sien uit na die volgende ses weke, en sal binnekort weer verslag lewer oor hoe dit met ons Toyota Rav4-hibried gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

Lyk my Toyota begin die ander vervaardigers na te volg deur elke jaar hul modelle se name te verander.

Jakez ·

Halfmiljoen rand is beswaarlik “intreevlak” geld.
Meeste Suid Afrikaners kan nie eers droom om dit op ‘n voertuig te spandeer nie.

Kirst ·

R555k vir ‘n intreevlak voertuig. Seker gemik op ‘n intreevlak tenderpreneur.

andre ·

Goeie beplanning deur Toyota SA. Ek hoop die batterye neem nie te veel spasie in beslag nie.

Windhond ·

Pryse defnitief nie intree vlak nie – miskien die bevoordeelde intree mark

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.