Toyota Gazoo Racing se Dakar-spanne bekend

Van links Tom Colsoul (België) en Bernhard Ten Brinke (Nederland) Foto: Verskaf

Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel het in 2019 die Dakar-tydren gewen in hul Suid-Afrikaanse Toyota Hilux. In 2020 sal Nasser en Mathieu hul titel wil verdedig. Met dié oorwinning het Toyota Gazoo Racing South Africa duidelik die Japannese se aandag.

Daar sal vier Suid-Afrikaans ontwikkelde Toyota Hilux-tydrenbakkies deelneem. Giniel de Villiers kry navigator Alex Haro, Bernhard ten Brinke span saam met navigator Tom Colsoul en die vierde bakkie word deur Fernando Alonso en navigator Marc Coma gejaag.

Sedert 2012 neem die span deel aan die Dakar-tydren as Toyota Gazoo Racing South Africa. Die span se eerste algehele oorwinning was vroeër vanjaar met Nasser. Sedert 2012 is die span se beste algehele resultate soos volg:

2012 – 3de

2013 – 2de

2014 – 4de

2015 – 2de

2016 – 3de

2017 – 5de

2018 – 2de

Van links Tom Colsoul (België) en Bernhard ten Brinke (Nederland) Foto: Verskaf

Dis ʼn mengsel van ervare tydrenjaers saam met nuwe bloed in dié soort motorsport. Giniel het al die Dakar gewen, asook vier keer die Marokko-tydren. Bernhard het ook al die Marokko-tydren gewen. Fernando Alonso is nuwe bloed. Hy het twee Le Mans 24 Hours-uithourenne agter sy naam, is die huidige FIA World Endurance Championship-titelhouer met Toyota Gazoo Racing, twee keer Formule-wêreldkampioen en het ook al die 24 Hours of Daytona gewen. Sy doel is om nou in elke moontlike motorsport-dissipline deel te neem en sy vaardighede te verbeter.

Langs hom sit Marc – hy self is ʼn Spaanse resieslegende met ses FIM Cross Country-wêreldkampioenskapseges en vyf Dakar-tydren-oorwinnings in die motorfietsklas agter sy naam. Albei Spanjaarde oefen al van Augustus hard in van die haglikste toestande en terreine oor Europa, Afrika en die Midde-Ooste. Tot dusver het dié spanlede al dubbel hul oefening-kilometer-mylpaal gehaal – bewys van hul vasberadenheid om te wen.

Mathieu Baumel (Frankryk) en Nasser Al-Attiyah (Qatar). Foto: Verskaf

Al vier spanne sal in die jongste weergawe van die Toyota Hilux deelneem. Dié Hilux word in Suid-Afrika ontwikkel en gebou. Die 2020-weergawe van die wêreldberoemde tydren skuif die aksie slegs Saoedi-Arabië toe. Spanne spring weg uit Jeddah op 5 Januarie en jaag noord voordat hulle suidoos draai om in Riaad te rus. Die tweede helfte van die tydren gaan deur Rub’al Khali, bekend as die “Empty Quarter”, die wêreld se grootste aaneenlopende sandwoestyn, voordat hulle in Al-Qiddiya op 17 Januarie oor die eindstreep gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Vraagteken ·

Hi MM, net ‘n oorsig. Die 2de foto se subtitel sê dis Marc Coma en Alonso. Let wel, dit is nie so nie.

Tania Heyns ·

Dagsê Vraagteken

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

Vita ·

Dit gaan een vd beste wees nog ,kan nie wag nie, Toyota gaan naam maak die jaar

Naomi ·

Alonso!!! What a priviledge to drive a South African Toyota.
Ek gaan hom dophou

Bennie ·

Hoekom vat Toyota vir Alonso as ons in Suid Afrika goeie renjaars het soos Jason Venter wat in ons eie land woon en verteenwoordig en Jason Venter ry baie beter as Alonso in n Hilux en hy doen dit al verjaare het baie meer ondervinding. Toyota Cazoo Razing ons sit met die bestes in ons Land gee vir Jason n kaans hy is jonk en kan no n vir jare as kampejoen gekroon word.

Pieter ·

Ek hoop en wens dat ons beter dekking van die dakar kan kry. As daar ‘n permanente sokker- en stoeikanaal kan wees, glo ek ‘n dakar kanaal is moontlik.

Chris Ws ·

Hierdie 2020 Saudi Dakar gaan iets wees om te volg!VIER SA Toyota Gazoo Racing Hilux’e met 4 top spanne wat hulle bestuur . . . . . .Dit gaan ‘n geveg afgee!Maar moenie vir Stefan Peterhansel ,Carlos Sainz en Nani Roma buite rekening laat nie.Hulle kan dinge lekker deurmekaar kom krap vir die Hilux’e glo my vry!Hoe dit ookal sy,dit sal BAIE gaaf wees sou die SA TGR Hilux’e in ‘n 1,2,3,4 plek kon klaar maak!EK hou styf duim vas vir die hele span.Best of luck Glyn Hall & team!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.