Toyota kraai koning in die woestyn

(Foto: TGRSA)

Toyota Gazoo Racing Suid-Afrika sit heeljaar hard skouer aan die wiel met sy vier Hilux-renbakkies.

Dié harde werk het die afgelope naweek vrugte vir drie van sy vier renjaers afgewerp. Henk Lategan was in die kwalifiserende ronde in ʼn ongeluk betrokke en dit het sy planne vir ʼn mededingende woestynren in die wiele gery.

Giniel de Villiers en sy navigator Dennis Murphy het eerste oor die wenstreep gejaag, gevolg deur Guy Botterill en navigator Simon Vacy-Lyle. Die derde plek is ook deur ʼn Hilux ingeneem met Shameer Variawa agter die stuur en Danie Stassen as navigator.

Ongelukkig moes Lategan en navigator Brett Cummings hul Hilux onttrek weens probleme met hul ratkas, ondanks hul enorme vordering ná die ongeluk in die kwalifiserende ronde én die straftyd wat daarmee saamgekom het.

De Villiers was vol lof vir Toyota aangesien hulle vanjaar nie een keer uit die renmotor hoef te geklim het om ʼn pap band te ruil of vir herstelwerk aan die voertuig nie. Dit het gehelp om die oorwinning in te oes.

Die private renjaers wat vanjaar met €8 000 én ʼn gratis inskrywing vir die Dakar weggery het, is Yannick Panagiotis en sy vrou, Valerie Panagiotis.

Die volgende veldren vind middel Augustus in Bronkhorstspruit plaas.

Die finale punteleer lyk só:

Posisie:Deelnemer:Bestuurder:Navigator:Voertuig:Finale uitslag:
1Toyota Gazoo Racing SAGiniel de VilliersDennis MurphyToyota DKR Hilux T1+10:24:53
2Toyota Gazoo Racing SAGuy BotterillSimon Vacy-LyleToyota DKR Hilux T1+10:26:50
3Toyota Gazoo Racing SAShameer VariawaDanie StassenToyota DKR Hilux T1+10:39:14
4Century RacingBrian BaragwanathLeonard CremerCentury Racing CR610:40:12
5#Teamhilux Rally-RaidJohan HornWerner HornToyota DKR Hilux T1+11:01:34
6King Price XtremeLance TretheweyRodney BurkeCentury Racing CR611:44:34
7Tim HowesTim HowesGary CampbellBAT Spec 412:58:17
8Century RacingYannick PanagiotisValerie PanagiotisCentury Racing CR613:00:38
9Ryan BlandDaniel SchröderRyan BlandNissan Navara13:14:17
10NWM Ford Castrol TeamGareth WoolridgeBoyd DreyerNWM T1+ Ford Ranger13:33:58

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Harley Davidson ·

Toyota kraai koning in enige omstandighede dit is die rede hoekom hy die topverkoper is maar nie kan meeding met ander trokkies as dit by luukshede kom nie.

SjN ·

Sal graag die uitslag wil sien tussen al die verskillende fabrikate as al die voertuie 100% standaard is.

andre ·

Die agterwielaangedrewe Suid Afrikaanse ontwikkelde C6 doen net so goed .

Withaai ·

Julle vertrap al die woestyn plante, wat dekades neem om te herstel, dood met 4×4 voertuie. Nie eens te praat oor die diere nie. Gaan jaag op Kyalami met jou 4×4. Wat is die nut van hierdie voertuie, tensy jy ‘n boer of Wildsplaas het, in elk geval? Bitter min bestuurders van die voertuie hou by die paaie wat uitgelê is vir die soort “Sports”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.