Toyota se Cruiser 300 onthul  

Toyota het onlangs sy spiksplinternuwe en langverwagte Land Cruiser 300 in Dubai bekend gestel.

Wat weet ons sover van dié Cruiser wat eersdaags in Suid-Afrika sy gesig gaan wys?

Daar is nie ʼn V8-enjin nie maar twee V6’e – een petrol en een diesel. Die petrolweergawe is ʼn 3.5 V6 uit die Lexus LS500. Ek het al met die Lexus gery, en die enjin is fantasties. In die Cruiser bied hy 305 kW en 650 Nm.

Aan die diesel kant kry ons ʼn 3.3 turbodiesel V6. Hy bied 227 kW en ʼn enorme 700 Nm. Albei enjins is het ʼn tienspoed- outomatiese ratkas met laestrek.

Die nuwe Cruiser is heelwat ligter as sy voorganger te danke aan ʼn uitgebreide reis waaraan verskeie ingenieurs deelgeneem het en waartydens Toyota en sy werkers regoor die wêreld gery het in lande waar hul produkte verkoop word.

Een ingenieur het in Australië gery – vir duisende kilometer in die Australiese gramadoelas. Daar het hy besluit dat hy sal werk aan hoe die Cruiser 300 ʼn sinkplaatpad aanpak – en groot fokus is geplaas op die feit dat die Cruiser nie die bestuurder moet uitput nie. Dié is die eerste romp-op-raam-weergawe van Toyota se TNGA-platvorm.

Daar sal drie modelle wees – GX-R, ZX en GR Sport. Ek kan nie wag vir dié bekendstelling nie – want ek het reeds gevra of ons Desember een kan gebruik om die wa mee te sleep. Dít gaan ʼn belewenis wees.

Toyota sal pryse met die bekendstelling in Augustus beskikbaar maak. Tot dán is ek oortuig dat jou plaaslike handelaar solank ʼn deposito sal neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

twaalfboor ·

Luuks…..nes sy voorgangers. As jy hom nie kan bekostig nie gaan koop dan vir jou ñ Mahindra.

Vonkprop ·

Ek stem Herms. Hierdie spesifieke Cruiser reeks het nog altyd uit verhouding gelyk. Gelukkig verskil smaak en kan ons beter keuse maak met ander voertuie. Mooier, luukser en goedkoper.

MakersMark ·

Te groot en te lomp en totaal onder presterende kragbron. Baie luuks ja maar wat is die punt ?

koos10 ·

Die 300 verwys seker na die R3 000 000.00 wat die wa gaan kos?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.