Toyota se nuwe waterstof-konsepmotor

Toyota se konsepmotor by CES Foto: Mashable

Toyota se konsepmotor by CES Foto: Mashable

Toyota het Maandag by die 2014 internasionale elektroniese-verbruikersware-skou (CES) ʼn nuwe konsepmotor van ʼn brandstofselvoertuig (FCV) bekend gestel wat waterstof met lug kombineer om die voertuig krag te gee.

Die motor het, buiten waterdamp geen uitlaatgasse nie en is hoofsaaklik ʼn elektriese motor, maar dit neem slegs drie minute om te laai, aldus Toyota. Die kombinasie van waterstof en lug skep water en elektrisiteit, wat dan gebruik word om die motor te laat werk.

Toyota voer aan die voertuig het ʼn strekafstand van minstens 500 km en wek genoeg krag op om vir ʼn week lank aan die daaglikse behoeftes van ʼn gemiddelde Japannese huis (10 kWh) te voldoen.

Volgens Toyota sal die motors vanaf 2015 in Kalifornië, Amerika beskikbaar wees omdat daar reeds ʼn hele aantal laaistasies beskikbaar is. Kalifornië het reeds meer as $200 miljoen goedgekeur om nog 20 nuwe laaistasies in 2015 beskikbaar te stel en beplan nog 20 in 2016. Die uiteindelike doel is om elke ses minute, waar jy jouself ook al in die staat bevind, ʼn laaistasie tot jou beskikking te hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.