Toyota, VW, weer ‘tops’ in Maart

Toyota Hilux. (Foto: Verskaf)

Toyota het weereens in Maart die meeste voertuie in Suid-Afrika verkoop, terwyl Volkswagen weer die meeste eenhede uitgevoer het.

Volgens Naamsa, oftewel die Motorvervoer-sakeraad, het alle segmente in die motorbedryf  in Maart 2022 positiewe jaar-tot-jaar-groei getoon. Die passasiersegment neem met 25,4% toe, ligte handelsvoertuie styg met 2,9%, medium-handelsvoertuie vaar beter met 6,1% en swaar handelsvoertuie toon ʼn puik groei van 14% jaar tot jaar.

Naamsa se syfers wys Toyota het in Maart plaaslik die beste gevaar, met ʼn rekordgetal plaaslike verkope van 15 008 voertuie. Volkswagen is tweede met 6 433 verkope in Suid-Afrika. Hyundai het verlede maand die derde plek by Suzuki weggeraap, met 3 816 voertuie wat plaaslik verkoop is, teenoor Suzuki se 3 347 verkope op tuisbodem. Nissan rond die topvyf af met 3 132 verkope in Suid-Afrika. Die res van die toptien is Renault (2 500), Ford (2 235), Haval (2 036), Kia (1 910) en Isuzu (1 723).

Volkswagen het die meeste voertuie (9 236) in Maart uitgevoer. BMW is net-net voor Toyota met 6 852 uitvoermodelle, teenoor Toyota se 6 837 in Maart. Mercedes-Benz is vierde met 6 328 eenhede uitgevoer en Ford, met 3 678, is vyfde.

Toyota se gewildste model in Maart was die Hilux, met ʼn reusemarge en 4 561 van hul verkope wat Hiluxe was. Volkswagen se toppresteerder in Maart was sy Polo Vivo met 2 117 verkope. Suzuki se Swift het ʼn allemintige 1 118 eenhede verkoop. Nissan se gewildste motor in Maart 2022 was sy NP 200, met 1 327 eenhede wat verlede maand verkoop is.

Hyundai kon 780 Venues verkoop met die Atos (763 eenhede) op sy hakke. Die Grand i10 en i20 het albei 508 eenhede verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

VaalDonkie ·

Toyota is die enigste handelaar wat al van goeie diens gehoor het. Subaru was ook so toe hulle nog onafhanklik was.

Pieter ·

Welgedaan Toyota… Sal net graag wil weet waar kry mense deesdae geld vir nuwe motors van R500k +? Ek oorweeg dit selfs om my motor van R350k te verkoop en maar n trap fiets aan te skaf, want lewe het die afgelope jaar net onbeksotigbaar geraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.