Triumph open nuwe tak in Pretoria

(Foto: Brian Cheyne)

In Junie 2018 het Triumph, na ’n kort afwesigheid, hulself weer in Suid-Afrika gevestig.

Bruce Allen, hoof van Triumph Suid-Afrika, het ons na ’n bekendstelling van al die nuwe modelle genooi. Tydens die bekendstelling het Allen breedvoerig oor Triumph se toekomsplanne uitgebrei. Die aanvanklike plan was ʼn tak in Johannesburg en ’n tak in Kaapstad teen 2019 en ’n tak in Pretoria teen 2020.

Niemand kon egter voorspel dat die motorfietsmark sou krimp en ’n groot pandemie die wêreld sou tref nie. Eerder as om blindelings voort te storm, het Allen ’n versigtiger benadering tot die onderneming gehandhaaf.

Verlede jaar het Triumph hul tak in Kaapstad gevestig en nou, ’n jaar later, het Triumph met trots hul nuwe tak in Hatfield geopen. Triumph Pretoria sal ’n volledig toegeruste Triumph World Black-winkel wees. Dit beteken jy kan ’n nuwe fiets met al sy bybehore daar koop. Jy kan ook jou fiets daar diens en onderdele kry. Die hele span is reeds opgelei om aan al jou behoeftes te voldoen.

Die een ding wat die World Black-winkels so aantreklik maak, is die feit dat dit meer as net ’n motorfietswinkel is. Ek het met die nuwe eienaars, Elle en Damian Sadie, gesels. Hier kon ek net rustig agteroor sit en ontspan. Damian het ’n agtergrond in die hospitaliteitsbedryf; hy weet dus hoe om jou tuis te laat voel.

Hul verbintenis met Triumph gaan egter verder terug. Damian en Elle het ’n motorfietstoermaatskappy besit met ’n vloot Bonnevilles. Met die pandemie moes hulle egter afskaal. Allen het hulle gehelp om van die fietse te verkoop en tydens hierdie proses is die saadjie geplant dat hulle die tak in Pretoria sou oopmaak.

Die winkel is geleë op die hoek van Jan Shoba- en Parkstraat in Hatfield. Gaan loer gerus in; die mense is gretig om jou welkom te heet.

Kontak gerus vir Damian op [email protected] of skakel hulle by 012 955 4444.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karel Kobus Kruger ·

Ek hoop hulle het n Rocket demo model wat ek vir n spin kan vat.

Francois Le Cochon ·

Oudste motorfiets vervaardiger in die wereld. In Exodus lees ons van “.. and Moses came forth in his Triumph”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.