Verbruikersake: Motorhandelaar Tribunaal toe gestuur oor voetstoots

Argieffoto (Foto: LauraTara, Pixabay)

’n Motorhandelaar van Pretoria, Gerlou Motors, is by die Nasionale Verbruikerstribunaal verkla omdat hy ’n motor vol foute aan ’n verbruiker verkoop het as “voetstoots” en geweier het om enige verantwoordelikheid vir die foute daarop te aanvaar. Gerlou Motors het ook, volgens die Nasionale Verbruikerskommissie, vereis dat die verbruiker ’n dokument teken wat haar regte kragtens die Wet op Verbruikersbeskerming opskort, al word dit deur die einste wet verbied. Ina Opperman verduidelik wat gebeur het en wat verbruikers se regte in so ’n geval is.

Die kommissie het Gerlou Motors by die Tribunaal verkla nadat die kommissie ondersoek ingestel het na ’n klagte van ’n verbruiker oor ’n motor wat sy daar gekoop het. Die motor het dieselfde dag nadat sy dit ontvang het, gaan staan. Sy het Gerlou Motors gevra om te help, maar die personeel het geweier omdat sy die motor “voetstoots” gekoop het.

Volgens die kommissie het die ondersoek gewys dat Gerlou Motors met voorbedagte rade verskeie bepalings van die Wet op Verbruikersbeskerming oortree het, naamlik artikels 51(1)(b) en 56(2)(b) en regulasie 34(1) oortree.

Artikel 51 (1) (b)

Hierdie artikel bepaal dat ’n handelaar nie van ’n verbruiker mag verwag om ’n transaksie of ooreenkoms aan te gaan wat op direkte of indirekte wyse voorgee om ’n verbruiker van ’n reg ingevolge hierdie wet te laat afsien of ontneem nie. Volgens die kommissie het Gerlou Motors die verbruiker voorwaardes laat teken wat ten doel het om die bepalings van die wet in die transaksie op te skort en haar ontneem van haar regte as verbruiker wat aan haar toegeken word deur die wet.

Artikel 56(2)(b)

Artikel 56 handel oor die versweë waarborg in alle transaksies dat die handelaar waarborg dat die goedere aan die vereistes en standaarde in artikel 55 voldoen, behalwe as dit verander is in stryd met die instruksies van die vervaardiger of nadat dit verkoop is. Die verbruiker kan goedere binne ses maande nadat dit gekoop is aan die handelaar teruggee sonder om ’n boete te betaal, op die verskaffer se onkoste en risiko, indien dit nie voldoen aan die vereistes en standaarde wat in artikel 55 gestel word nie.

Die handelaar moet, volgens hierdie artikel, die foutiewe goedere herstel of vervang of die verbruiker se geld terugbetaal. In hierdie geval het die motorhandelaar ook geweier om die versweë waarborg na te kom en die verbruiker se geld terug te betaal.

Artikel 55

Volgens artikel 55 het verbruikers die reg om te verwag dat goedere wat hulle koop veilig en van goeie gehalte is. Goedere moet redelik geskik wees vir die doel waarvoor dit gemaak is, in ’n goeie werkende toestand wees en nie foute hê nie, bruikbaar en duursaam wees vir ’n redelike tydperk en voldoen aan enige wetgewing wat die gehalte daarvan reguleer. Die verbruiker het ook die reg om te verwag dat die goedere redelik geskik is vir die bepaalde doel waarvoor dit gebruik gaan word.

Voetstoots

Die woord “voetstoots” spruit uit die gebruik van die Romeins-Hollandse reg om die goedere te “stoten” met jou voet om die aflewering en verkoop van die goedere sonder klagtes later voor te stel. Mettertyd het die voetstootskousule bepaal dat die verkoper nie verantwoordelik gehou word vir foute nie, aangesien dit verkoop word “soos dit is” of “met foute en al”.

Wanneer jy ʼn motor koop by ʼn handelaar in gebruikte motors, maak die Wet op Verbruikersbeskerming egter daarvoor voorsiening dat dit nie genoeg is as die handelaar aandui jy koop die motor “voetstoots” nie. Die wet plaas die onus op die handelaar om foute in ’n gebruikte motor uit te wys sodat jy ʼn ingeligte besluit kan neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hannah ·

Daar is nog BAIE van waar daardie soort van transaksies kom.
Dankbaar dat hierdie tipe van “besigheid” nou in die bek geruk word????????

Hannah ·

Daar is nog BAIE van waar daardie soort van transaksies kom.
Dankbaar dat hierdie tipe van “besigheid” nou in die bek geruk word????????

Johannes ·

Ek het n motor gekoop vir my dogter by n handelaar in Johannesburg Rifle Range Motors toe ek die motor huis toe ry was ek amper in n ongeluk want die wishbone het uit gekom. Ek het hulle laat weet ek soek my geld terug en is geweier. na dat hulle oor een gestem het om die wishbone reg te maak het die volgende probleem gekom die engine nr op die papiere was nie dieselfde as in die motor nie .hulle het toe die motor kom haal en n engine clearance laat doen wat ek weer gevra het vir my geld terug en wèer geweier is. so toe is daar nog n probleem die wiel maak geraas as jy die rem trap hulle het geweier om dit reg te maak en weet nie wat om te doen nie .ek mos ander tyres opsit anders sou die motor nie deur die toets gegaan het nie .ons het die motor nie eers drie mande nie will net uitvind wat ek kan doen dankie

Chris Ws ·

Hoogtyd !Daar is baie tweedehandse mototrhandelaars wat steeds met “moord” wegkom omdat verbruikers nie hul regte ken nie.

johnny du walle ·

Secondhad car salesmen en prokureurs is voeels van eenderse vere.

Gert ·

Hierdie wetgewing, en die kommentare, is baie eensydig. Wat van die arme handelaar? Hoe verkoop jy ‘n tweedehandse motor en moet dan verantwoordelikheid vat vir alles wat die volgende ses maande breek? Dis die hele rede vir die konsep van voetstoots, die koper vat vrywilliglik verantwoordelikheid vir alles wat breek na die kooptransaksie.
As ek ‘n tweedehandse motorhandelaar was, sou ek my besigheid toemaak, want met hierdie wet is daar geen manier om besigheid te doen nie.
Laat my dink aan die nuwe kredietwet wat al die risiko op die uitlener sit, dis siek.

Ernst ·

Gert – handelaars gee jou R25-30 000 minder op n gemiddelde inruil en verkoop vir baie meer as wat die voertuig werd is. Hulle het dodgy workshops wat herstellings doen om die kar net by die deur uit te kry.
As hulle kies om in die bedryf te wees – omdat hulle niks anders kry om te doen nie – moet hulle bereid wees om die diens te lewer wat verwag word. Hulle vertel die voornemende koper hoe die prys tot op die been gesny is en lag agterna en se – kyk hoe goed is ek. Kyk wat kry ek die ou om te betaal…
Eienaars van die plekke is geldvrate – omdat kopers finansier word hulle uitgebuit.
Ek het vanoggend n koop by Atterbury motors kanselleer – prys tot op die been gesny – toe word nog twee op internet gelys met laer kilos vir R20k minder. Hoe verduidelik jy dit???

E ·

Ek stem saam Gert. Mense is baie vinnig om hals oor kop net te koop en sommiges sonder om alles mooi deur te gaan. Dit is mos logies dat ń 2de handse motor extra geld gaan kos na die tyd om hom te kry soos jy hom wil hê. Jy kan tog net bekostig wat jy kan. Mense kla baie vinnig, maar sit hul nou in die handelaar se skoenne en kyk of hul dit gaan maak. Selfde met medies. Mense kla hul kannie medies bekostog nie, maar is teen die nsi? Nou hoe nou? Kan nie die brood aan alby kante gebotter hê nie. Nee wat kla en kla alewig, maar dis gewoonlik die wat te lui is om self hard te werk. Jammer maar dis soos dit is.

Louis ·

Ons is self in die handel en gaan uit ons pad uit vir ons kliënte en stem 100% saam met alles wat hier gesê word. Dis net jammer die wette beskerm ons as handelaars glad nie as mense hulle voertuie aan ons verkoop wat hulle bewus was probleme op het. Die wet moet plek maak vir alle partye maar in praktyk is dit nie so nie.

Transvaalse nooi ·

Die dag toe ek n motor koop en minus twee vensters by die huis stilhou….ek lig toe die bonnet om te sien wat is fout, geen engine, VOET STOOTS

René Brits ·

Ons is deur presies dieselfe, Wiz Cars in Kempton het Chev Spark aan ons verkoop. 2 dae later vind ons uit die kar was in groot ongeluk, en agter helfde van kar behoort aan ‘n ander kar en 2 die helfdes is aanmekaar vas gesweis. Van die parte onder die kar is met cable ties vas. Wiz Cars weier om ons geld terug te gee. Let wel, die kar is in my naam gesit by Jhb lisensie afdeling, wat beteken hy is deur die toets gesit??? Ons saak is nou by Motor Industry Ombudsman, al vir 6 maande, nog geen terugvoering van Ombudsman af ontvang nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.