Verslag wys dié motors se onderdele die duurste

Foto: Pixabay

Die jongste AA-Kinsey-verslag wys dat die pryse van sommige voertuigonderdele wel gedaal het, maar veral onderdele soos kopligte en wielvellings se pryse aansienlik gestyg het.

Malcolm Kinsey en die AA het onlangs hul 2020-verslag bekend gemaak wat as riglyn kan dien oor watter voertuie se onderdele uitermatig duur is en jou kan help om die regte voertuig vir jou sak te kies.

Daar is nege kategorieë, naamlik intree, kompak, gesin, kompak-kruismodel, kruismodel, luukse kruismodel, dubbelkajuit, enkelkajuit en luuks.

Die onderdele word in drie afdelings ingedeel: diensonderdele, instandhoudingsonderdele en bakpanele. Die totaal van die drie afdelings word bymekaar getel en as ʼn persentasie van die verkoopprys van die voertuig uitgewerk.

Intree:

ModelVerkoopprysOnderdeletotaal% van verkoopprys
Ford Figo 1.5 TrendR218 500R63 866,1029,23%
VW Polo Vivo 1.4 ComfortlineR225 200R78 187,3634,72%
Datsun Go 1.2 AcentaR182 300R71 895,8139,44%
Hyundai Atoz 1.1 MotionR165 900R66 189,1939,90%
Renault Kwid 1.0 ExpressionR156 900R62 990,0140,15%
Honda Amaze 1.2 TrendR190 700R79 353,7841,61%
Kia Picanto StreetR190 995R133 539,0169,92%

In dié segment is die Figo die goedkoopste as persentasie van sy koopprys en die Renault Kwid die heel goedkoopste in terme van randwaarde. Die Kia Picanto val heeltemal uit die bus met dubbel die koste en meer as dubbel die persentasie as dié van die Figo.

Kompak:

ModelVerkoopprysOnderdeletotaal% van verkoopprys
Ford Fiesta 1.0T TrendR305 300R91 275,4629,90%
Hyundai i20 1.2 FluidR272 900R90 065,6433,28%
Suzuki Swift SportR327 900R126 055,6534,15%
Toyota Yaris 1.5 XSR291 200R103 091,8135,40%
VW Polo 1.0TSI ComfortlineR309 300R114 877,5037,14%
Toyota Starley 1.4 XSR215 200R90 826,7142,21%
Renault Sandero 66kW ExpressionR209 900R99 607,7047,45%

In dié segment is dit weer ʼn Ford wat wen met 29,9% van sy verkoopprys. Die Hyundai i20 se onderdelemandjie is egter net-net goedkoper in randwaarde.

Gesin:

ModelPrysOnderdeletotaal% van verkoopprys
VW Golf GTIR605 100R145 575,6320,87%
Toyota Corolla Quest PrestigeR295 200R85 031,1623,92%
Nissan Almera 1.5 AcentaR247 300R86 488,8829,82%
Toyota Corolla 1.2T XS HatchR369 100R131 294,4031,39%
Mazda 3 1.5 DynamicR369 100R142 693,9733,31%

Hier kraai die Golf GTI koning met 20,87% van sy verkoopprys, maar die goedkoopste onderdelemandjie is dié van die Corolla Quest. Dié twee voertuie is egter glad nie in dieselfde segment nie.

Kompak-kruismodel:

ModelPrysOnderdeletotaal% van verkoopprys
Citroën C3 Aircross 1.2 FeelR366 900R102 249,2427,82%
Haval H2 1.5T LuxuryR314 900R93 860,3329,81%
Toyota Rush 1.5 handratR330 700R105 094,5631,78%
Ford EcoSport 1.0T TrendR329 000R106 938,1132,50%
Honda HR-V 1.5 ComfortR318 500R157 725,9639,49%
Hyundai Venue 1.0% MotionR319 500R126 792,8239,68%
Renault Duster 1.6 ExpressionR278 900R117 191,6142,02%
Mahindra KUV 100 NxtR190 999R81 776,6242,82%
Mazda CX3 2.0 DynamicR358 100R174 709,5148,79%

In terme van % van koopprys is die Citroën C3 Aircross die wenner. Die Mahindra KUV 100 se mandjie is egter die goedkoopste.

Kruismodel:

ModelPrysOnderdeletotaal% van verkoopprys
Toyota Fortuner 2.8 GD-6 outoR631 100R100 429,3115,91%
Nissan X-Trail 2.5 TeknaR569 700R115 921,1620,35%
Peugeot 5007 1.6T GT-LineR614 800R147 932,5024,06%
Toyota Rav4 2.0 GXR454 500R123 754,6727,23%
VW T-Cross 1.0TSI ComfortlineR408 000R118 852,5129,13%
Nissan Qashqai 1.2T AcentaR443 400R130 338,5929,40%
Opel Combo Life EnjoyR389 000R122 796,2031,57%
Opel Grandland X 1.6TR465 000R147 630,3831,96%
VW Tiguan 1.4TSI ComfortlineR560 600R182 069,1732,48%
Kia Sportage 2.0CRDI Ignite PlusR505 995R196 362,9638,81%
Kia Seltos 1.5CRDi EXR420 995R177 512,7142,17%
Hyundai Tucson 2.0 PremiumR474 900R206 611,6943,51%

Hier geniet die Fortuner ʼn reuse-oorwinning met slegs 15,91% van die verkoopprys én die goedkoopste mandjie.

Luukse kruismodel:

ModelPrysOnderdeletotaal% van verkoopprys
Mercedes-Benz GLER1 480 000R328 211,0122,18%
Audi Q5 40TDIR826 900R251 288,7330,39%
Volvo XC60 T5 MomentumR774 700R242 070,7531,25%
Range Rover Sport P360 SER1 389 194R449 792,2432,38%
BMW X5 xDrive30dR1 070 382R362 204,4733,84%
Jaguar iPace EV400 SER1 717 300R913 272,0453,18%
Jaguar iPace EV400 SE*R1 717 300R320 958,8218,69%

In dié segment kruip ietwat van ʼn foefie in. Die kleinste persentasie is die Mercedes-Benz GLE met 22,18%. Die goedkoopste mandjie is die Volvo XC60. Die Jaguar iPace lyk afgryslik op papier, want die groep het ʼn hele battery-pak op die lys en dit kos R600 000. Die probleem is dat ʼn mens nooit die hele battery vervang nie, maar eerder enkele selle, waarvan daar 432 is … én die battery is vir agt jaar gewaarborg en word deur Jaguar self gedek. As ʼn mens dan een sel moet byvoeg, is sy onderdeletotaal R320 958,82 en 18,69% en dus eintlik die kategoriewenner.

Dubbelkajuit:

ModelPrysOnderdeletotaal% van verkoopprys
Ford Ranger 2.0 SiT XLTR575 800R79 796,1213,86%
Toyota Hilux 2.8 GD-6 Legend outoR635 300R90 189,9014,20%
Nissan Navara 2.2D SE outoR527 300R93 969,7917,82%
Isuzu D-Max 3.0 TD LX outoR576 200R112 90119,59%
Ford Ranger RaptorR875 700R214 504,9624,50%
GWM Steed 6 2.0 VGT XscapeR319 900R86 105,3226,92%

Die dubbelkajuitsegment is stram. Die Ranger wen met 13,86% én die goedkoopste mandjie teen R79 796,12.

 Enkelkajuit:

ModelPrysOnderdeletotaal% van verkoopprys
Nissan NP 300 2.5R291 300R48 611,2816,69%
Toyota Hilux 2.4 GD-6R318 600R58 747,6518,44%
Isuzu D-Max 250 LER388 700R74 158,8819,08%
Nissan NP200R189 100R42 529,4822,49%
Mahindra Scorpio 2.2 Pik up S4R210 499R67 509,3932,07%

Tussen die enkelkajuitbakkies is die Nissan NP 300 die voorloper met 16,69%. Die goedkoopste mandjie behoort ook aan Nissan met die NP 200.

Luuks:

ModelPrysOnderdeletotaal% van verkoopprys
Alfa Giulia 2.0 SuperR690 557R86 570,1712,54%
Toyota Supra 3.0 TrackR991 500R217 634,7821,95%
Audi A3 35TFSI SportbackR544 910R178 710,6032,80%
BMW 330iR743 676R252 838,2334,00%
Mercedes-Benz A200R644 240R228 381,1135,45%

Die Alfa Giulia is ʼn groot verrassing in dié segment met 12,54% én die goedkoopste mandjie met R86 570,17.

So, as ʼn mens koopprys vergelyk, is die Alfa Giulia die goedkoopste voertuig om te onderhou tussen die voertuie in dié verslag. Die algehele goedkoopste mandjie behoort aan die Nissan NP200 met R42 529,48.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Mallie ·

Dit is nie net die voertuie se onderdele wat so duur is nie. Daar moet regtig gekyk word na die voertuie wat die land in kom. Soos die MG – beloftes van onderdele en windskerms is net n lieg tot jy die voertuig koop nou het niemand parte nie want dit moet ingevoer word. Vrek duur. Verkoop kan jy oof nie verkoop nie want hy het geen herverkoopwaarde nie. Verkoopmans praatjies.

Schalk ·

Brendon, so tydjie terug het jy met groot lof van die Amarok geskryf. Hoe vergelyk sy koste met die ander voertuie in die dubbelkajuit klas?

Brendon Staniforth ·

Dagsê Schalk,

Baie dankie vir jou kommentaar. Ek verwys na die 2020 Bakkie van die jaar lys wat deur Kinsey aanmekaar gesit is:

Isuzu D-Max – R62 578
Ford Ranger – R72 078
Mahindra Pik up – R72 716
Toyota Hilux – R78 534
Nissan Navara – R84 122
Toyota Land Cruiser – R126 461
Mercedes-Benx X350 – R126 461
Ford Raptor – R147 653
VW Amarok – R153 994
Mitsubishi Triton – R202 111

So, om jou vraag te beantwoord – as persentasie van sy koopprys, nie te swak nie – maar dit bly egter die tweede duurste mandjie agter die Triton…

Groetnis
Brendon
nms Maroela Media

Harry ·

Brendon wat is n Nissan Qashwai, en van wanneer af is daar n Datsun Go Turbo, sover ek weet is dit n Qashqai en Datsun het net n 1.2 enjin sonder n turbo????

Brendon Staniforth ·

Dagsê Harry

Baie dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die oorsig – die artikel is reeds gewysig.

Groetnis
Brendon
nms Maroela Media

Chris ·

Ek is aangenaam verras oor die Alfa Romeo se koste. Dit is nog steeds een van die “lekkerste karre” om mee te ry. In die verlede was die Alfa naam nie hoog aangeskrewe nie, maar is nog steeds ‘n puik motor. Wanneer iemand my gevra het wat se motor ek besit en hoor dit is ‘n Alfa was daar gewoonlik kommentare. Jy kry net twee tipes, die ou wat al ‘n Alfa besit het en die ou wat baie graag een wil besit. Jy ry/bestuur nie ‘n Alfa Romeo nie, jy ervaar ‘n Alfa Romeo.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.